Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1140 resensies.
"Dis 'n pragtige dorp en baie sentraal geleë in terme van besienswaardighede. Dis net vreemd dat die Inligtingsburo sluit op vakansiedae en naweke, wanneer toeriste die dorp besoek."
"Only if they could improve on transport services. Other than that, Graskop is very peaceful."
"They should have transport for the people who don't have transport, maybe from Nelspruit."
"Ongelooflike omgewing en natuurskoon met baie besienswaardighede. Beslis 'n top toeristebestemming vir enige ouderdom!"
"Sabie is a great place to travel to. Love the waterfalls and all the adventure from Sabie to Graskop. Great place."
"Pragtige dorpie met uitstekende en interessante restaurantjies. Daar is 'n Spar en Tops vir al jou basiese benodigdhede. Vriendelike personeel by die Engen/Wimpy. Sabie is naby aan besienswaardighede. Sal beslis weer dié dorpie besoek."
"Elke Suid-Afrikaner behoort die dorpie met al die besienswaadighede te gaan sien. Dis absoluut asemrowend! Aan ons God al die eer! Hy het dit immers gemaak!"
"Oulike dorpie met lekker eetplekkie en winkeltjies, maar verder nie veel te doen in die dorp nie. Omliggend is wel Pelgrimsrus, watervalle ens. Alles maklik bereikbaar."
"Sabie as 'n destinasie is beeldskoon, maar daar is nie regtig baie om te doen in die nabye omtrek nie, dus moet jy effens uit ry na al die betrekkings ens."
"Skouspelagtige klein dorpie tussen berge vol verrassings. Elke warerval het sy die bekoring. 'n Moet sien vir elke natuur liefhebber."
"Baie mooi dorp, net jammer als gaan so erg agteruit - veral die paaie. Beslis baie mooi wêreld en so groen."
"Graskop en die omliggende area het die mooiste natuur tonele om na te gaan kyk. Ek sal net graag mense met karre afraai on die horse shoe falls te gaan besoek. Dis 'n grondpad, maar dit het vreeslik baie klippe, en dis nie 'n goeie idee om met jou kar soontoe te gaan nie, veral nie een wat laag is nie. Met 'n bakkie, enige tyd."
"if only there were nearby fast foods joints, like Spur/Steer /Wimpy, but nonetheless, I had a wonderful experience."