Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.4 out of 5 based on 1140 reviews.
"Sabie en omliggende dele is netjies skoon. Dit is regtig 'n aangename plek om te bly en sentraal geleë om ander plekke te besoek."
"Graskop het baie agteruit gegaan van ons laas daar getoer het in die vroeë 2000. "
"Hou van die omgewing en natuur. Kan doen met die nuwe winkelsentrum wat daar gebou word."
"Alhoewel die omgewing pragtig en skoon is, gee die dorp self 'n indruk van verwaarlosing. Strate is vol slaggate en besigheidsgeboue kort aandag."
"Graskop is die ideale plek om te wees wanneer jy daardie deel van ons land wil verken en geniet. Die dorpie in die berge, nogal "cute" soos hulle sê. 'n Rit soontoe is 'n moet."
"Die dorp gaan baie agteruit. Daar is verskeie geboue in die middedorp wat leeg staan en paaie in Mpumalanga is in 'n swak toestand. Die enigste besigheid wat floreer is Harries Pancakes."
"Sentraal geleë en maklik om by enige van die vele besienswaardighede en aktiwiteite uit te kom in die omliggende gebiede. 'n Pragtig en rustige dorpie."
"Baie mooi toeriste dorpie, nie te ver van die Kruger Nasionale Park nie. Daar is baie besienswaardighede in die omgewing."
"Aangenaam verras oor die groei van klein toerisme winkeltjies en eetplekke sedert my laaste besoek aan Graskop. Sal weer daar wil kuier oor 'n naweek."
"Graskop is beautiful. We visited God's window, Lisbon Waterfall, the Pinnacle, the Potholes and cannot wait to return. I think this is the most beautiful part of our country. "
"Pragtige omgewing. 'n Paradys met die motorfiets. Ons geniet die paaie en natuurskoon geweldig."
"Ek kan nie dink Sabie was die dorp van die jaar 2012. Tot nou toe het die dorp baie agteruit gegaan."
"Kospryse by eetplekke is baie duur en 'n braai vir twee bestaande uit duur skaap tjoppies is goedkoper as een bord met steak en chips."
"Kuier gereeld by, in en om Sabie, sedert 1995. Bly nog steeds 'n wonderlike vakansie bestemming, veral vir ons wat motorfiets ry, stap en bosse besoek."