Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.4 out of 5 based on 1140 reviews.
"Restaurante baie duur, Geen slaghuis in die dorp nie. Nie 'n besoekersvriendelike dorp nie."
"Die dorpie Sabie is ryk aan geskiedenis met pragtige natuurskoon (maar iets sal gedoen moet word aan die swak paaie na die watervalle)."
"Sabie sal iets moet doen aan die slaggate in die sekondêre paaie. Sabie moet tog nie dieselfde pad stap as wat in Pelgrimsrus gebeur nie. Toeriste wil graag Sabie besoek!"
"Die Kruger Wildtuin en die diere wat ons gesien het was groot. Ons sou graag langer wou gebly het maar daar was nie meer plek nie. Sommige van die grondpaaie was maar erg sinkplaat en kort 'n skraap. Teerpaaie was goed. Dit was 'n heerlike tyd gewees."
"Graskop is baie sentraal in die Laeveld geleë in die middel van die Laeveld Panorama. "
"Die dorpie self is nie ongelooflik nie, maar is naby alles. God's Window, Lisbon Falls, Berlin Falls, Mac Mac Falls en 'pools', dagroetes, Pelgrimsrus, Hazyview (waar 'n mens 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite kan doen - tours and travel en oulike winkels), Bourke's Luck Potholes (ongelooflike ervaring) en ook binne 'n uur en 'n half van Hoedspruit en die Kruger."
"Graskop is die ideale plek om al die mooi watervalle en natuurtonele soos God's Window te besoek. "
"Sabie is 'n pragtige klein dorpie, maar het baie agteruit gegaan. Die Sabiewaterval is besoedel en ruik onaangenaam. Ons was baie teleurgesteld."
"Hoop en glo dat al daai winkeltjies weer eendag sal oopmaak, maar Sabie bly tops vir my."
"Mooi dorpie, ongelukkig is daar baie verkopers wat druk plaas op toeriste om hul ware te koop. Dit is ongemaklik om in die straat te loop. Dit pla baie."
"Sabie is "tops!" Aangename klimaat, ideaal vir die voëlliefhebber en die dele ongerepte natuur wat bewaar word, is rus vir die siel! Pragtig! "
"Pragtige natuurskoon in Sabie en omgewing maak 'n besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rodawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend."
"Thank you so much for your hospitality, friendliness and warm welcome towards your guests."
"Dit is 'n fatastiese natuurskoon. Ons het al die plekke/watervalle in Graskop, Pelgrimsrus en Sabie besoek. Was 'n wonderlike naweek gewees. "
"Lekker sentraal geleë om as basis te gebruik om al die toeristebestemmings in die area te besoek. En daar is heelwat!"
"Most restaurants close early at 17:00. Rather have lunch at a restaurant. Look out for potholes in roads."
"The roads are very scary at night, adventurers, reminded us of a movie Wrong Turn. "