Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1140 resensies.
"Julle kan gerus iets doen aan al die slaggate, van die sy strate het meer gate as pad."
"Pragtige natuur. Baie om te sien. Moet net nou kop hou met al die padwerke daar. Ook naby Pelgrimsrus."
"Graskop is 'n wonderlike dorp om te verken en bied verskeie besienswaardighede. Dis beslis 'n besteming om te gaan sien i.e God's window en Graskop Lift. Die Waffle Hut is 'n versteekte juweel en bied die heerlikste wafels aan, vir seker 'n moet in die dorp."
"Daar moet meer toeristebemarking gedoen word en die dorpie moet weer in sy volle glorie herstel word. Die plek het baie potensiaal, veral met die klimaat."
"The restaurants "Devine Me" and "Canimambo" had great service and made us feel very welcome. We could walk home safely after eating out for supper. The Jock Trail had breathtaking views and was a wonderful place to spend time."
"Die pad is bietjie sleg tussen Hazyview en die oord, maar die gemeenskap maak tans slaggate op eie koste reg."
Pelgrimsrus, Kruger Tot Canyons
Mona Cottage"The village is really looking super. The hotel offers a good meal as do the local restaurants. People are generally friendly and helpful. Only slight irritation is the local stall owners who can become rather demanding."
"The area is beautiful and conveniently close to Kruger. Just look out for potholes in the dark."
Pelgrimsrus, Kruger Tot Canyons
Mona Cottage"Had a good time. Not expensive to do the museums and tours. Graskop which is nearby was also a good addition."
Pelgrimsrus, Kruger Tot Canyons
Mona Cottage"Not quite what it was 15 years ago, but an effort is being made to bring it back to it's original glory."
Hazyview-Vakansiedorp, Kruger Tot Canyons
Tatenda Guesthouse"Pragtige natuurskoon en naby verskeie besienswaardighede o.a. die Nasionale Krugerwildtuin."
"Baie besienswaardighede in die omgewing en is dus 'n goeie oornagplek vir reisigers wat dit wil besoek."
"Sabie is 'n pragtige omgewing en daar is baie besienswaardighede. Die paaie naby die watervalle benodig egter aandag. Dit was die moeite werd om daar vakansie te gaan hou."
"Sabie as dorp het baie agteruit gegaan vandat ek jare gelede daar was, maar dis maar die storie van meeste klein dorpies vandag. Die mense was baie vriendelik en behulpsaam. Ons het ongelukkig onwetend tydens gemeenskapsoproer die dorp besoek, so dit het 'n redelike demper op ons vakansie geplaas."
"Sulke mooi omgewing met so baie om te doen. One het nie genoeg tyd gehad nie. Jessica the Hippo, Moholoholo, Hippo trail, Blyderivier boat trips, waterval-uitstappie, Baobab-boom om net 'n paar te noem. Ons kon net tyd kry vir 3. En dan is die Kruger ook nog naby en lekker eetplekkies wat ons nie voor tyd gehad het nie. Gaan beslis! "
"Die Gorge was ongelooflik, maar die toegangspad vanaf Hazyview is iets wat ek nie vir enige persoon sal aanbeveel nie."