Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6974 resensies.
Noordelike Drakensberge, KwaZulu-Natal
Montusi Self-Catering Cottages"Ons wou graag die Drakensberg Pumped Storage Scheme besoek, maar die Eskom mense daar het nie gereageer op e-posse of hul telefone beantwoord nie. By ons onverwagte aankoms by die aanleg het die personeel ons meegedeel dat hulle tans nie besoekers by hierdie nasionale sleutelpunt mag ontvang nie. Ry die nasionale paaie, ons moes baie tyd afstaan aan paaie wat nie onderhou word nie. Die teerpad tussen Reitz en Kestell is baie sleg. Die grondpad tussen Vrede en Volksrust onbegaanbaar. Om 'n paar te noem."
"Natuurskoon is asemrowend, maar die verblyf is nogal aan die duurder kant in vergelyking met ander plekke in die land. Baie van die paaie is tans in 'n baie slegte toestand, hoewel dit blyk dat daar pogings is om dit te herstel. Baie om te doen en te sien in die omgewing."
Nottingham Road, KwaZulu-Natal
Crompton Cottage"Interessant. Alles wat jy nodig het. Lekkerste eetplekke, met vriendelikste mense!"
"Die see is pragtig, so turkooisblou. Die strande is skoon, en die mense is baie vriendelik. Die area is pragtig met sy groenryke plante. Die restaurante is uit die boonste rakke, en daar is plekke wat mens glad nie in Gauteng kry nie. Ek sal graag in Ballito wil gaan woon, dis lieflik."
"Ballito is a beautiful coastal destination with lots of restaurants and activities for family."
"Baie interessante besoekpunte. Kry eers inligting oor Howick, asook die res van die middellande."
"Dis net moeilik om by see te kom. As dit nie vakansietyd is nie, is die strand baie verlate."
"Niks wat iemand daaraan kan doen, maar load shedding was 'n pyn. Baie meer daar as wat ons in Amanzimtoti kry! Verder is Southbroom ongelooflik mooi, gerieflik naby alles en baie vriendelike staff."
"It's a lovely quaint town, with a lot of things to do. We love the clean and beautiful beaches, the birding is spectacular, and the estuary is great for fishing, canoeing, and boat rides."
"The current roadworks in the CBD make it a bit chaotic and the traffic is heavy. But it offers quick and easy access to the South Coast and has a wealth of interesting places to visit and activities."
"Naby die Drakensberg en ook aan die kus vis die seevakansie. Beste van albei. Ook naby Forel hengel en op die hoofpad Suid/Noord."
"Baie mooi bestemming en awesome strande en natuur. Daar is soveel aktiwiteite om te doen op die Suidkus dat mens vir 'n jaar op vakansie moet gaan."
"At this time of year, most accomodation in the Berg is still fully booked, and peak rates are being charged. Staying in Bergville is only around 40 km from the main attractions I planned to visit in the Drakensberg, so I actually saved on my accommodation costs. It had everything I needed and was clean and comfortable."
"As jy wil lekker eet en dis nie ver van Prosperita af nie, gaan eet by Al Pescatore. Dis 'n baie lekker vakansieplek, die plekke is als naby aan mekaar en Ballito Junction het dit wat jy nodig het vir jou vakansie."
"Fantasties, het by die Thirsty Whale gaan eet en ietsie gedrink, wat 'n lekker plek om te sit en na die see te kyk."