Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2317 resensies.
"Klein slaghuisie, Dop en Tjop het heerlike vleis. Die lekkerste kaasworsies wat ek nog geëet het. "
"Plattelandse dorpie soos baie ander in die land, maar mooi geleë in die bosveld met talle verblyfopsies in en rondom die plek vir besoekers. Die dorp bied meeste geriewe wat mense nodig het, maar is bietjie deurmekaar uitgelê en kan skoner wees, laasgenoemde soos ook baie ander in ons land."
"Maak 'n draai by 'n winkeltjie, die Koffiekan. Hulle verkoop die grootste koppies koffie wat enige iemand al in hulle lewens gesien het."
"Warmbad aventura was 'n teleurstelling. Ons moes volprys betaal, maar niks was oop nie. "
"Ons was daar vir die fietsrybyeenkoms en die terrein is wonderlik, die byeenkomste was fantasties uiteengesit en ons het heerlik by die winkelsentrum inkopies gedoen en geëet by Mikes Kitchen en Wimpy."
"Wonderful holiday destination for beginners looking to explore the Limpopo Province. I have to been to Bela-Bela a number of times, I love it."
"Bela-Bela self is vir ons bietjie onveilig gewees daar gaan vreeslik baie aan. Maar sodra ons in die oord was het ons baie veilig gevoel."
"Pragtige dorpie met skoon paaie en mooi dekor. Vermy net die middel van die dorp, mens voel nie baie veilig daar nie. "
"Eerste besoek aan die interessante dorpie (village). Die mense is vriendelik, die strate is skoon, die kos is lekker. Kan 'n besoek aan die plek aanbeveel en hoop om self weer te gaan kuier."
"Oulike dorpie. Ons sou wou gehad het dat die winkeltjies net bietjie later moes oopbly, want teen 19:00 het ons agtergekom het dat ons nie melk het nie en ons kon toe nerêns koop nie. Maar die restuarante is uitstekend met ‘n uitstekende uitsig en vriendelike mense. "
"Soveel doendinge vir die natuurliefhebber. Regtig bederf met mooiste natuur tonele."
"Dit is 'n pragtige dorp. 'n Onbekende juweel vir ons. Die mense is uiters vriendelik."
"Het in Tzaneen gebly vanaf 1995 tot 2000 en was geweldig geskok oor die agteruitgang van die dorp asook die dorp Duivelskloof, en ander toeriste aantreklikhede, soos Kingswalden, die damwal, Minitzanie, Coach House, Magoebaskloof Hotel, die kaasmakery, Duivelskloof begraafplaas, ens. Net Duivelskloof Laerskool is 'n oase en mens kan duidelik sien dat sommige mense darem omgee vir hul tuiste en omgewing. Ons moet ook net noem dat ons paar draaie in die berge bokant Duivelskloof en Tzaneen asook Agatha gery het en dat die plase wat ons besoek het weereens 'n plesier is om na te kyk."
"I love love love the weather, I could certainly live there. The people are open and friendly, it is honestly a lovely welcoming place."