Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2317 resensies.
"Bela-Bela is 'n wonderlike Bosveld dorpie met pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Lieflike natuur en diere lewe, veral gedurende somer maande. Kan goed warm word maar daarvoor sorg jy net dat jy in 'n woonplek bespreek met lugversorging. Bela-Bela is 'n gerieflike 1 uur vanaf Pretoria. Mens voel altyd vernuwe en ontspanne wanneer jy eers bietjie Bela-Bela toe was."
"Mooi en vriendelike dorpie. As die padwerke eers klaar is sal dit 'n plesier wees om daar te wees."
"Euphoria Gholfbaan en Spa is 'n moet vir enige besoeker in die area."
"Bela-Bela is toegerus met 'n verskydenheid restaurante om almal se sak te pas, 'n paar verskillende plekke vir kruideniersware koop en 'n straatmark vir dingetjies en datjies. "
"Mense is baie vriendelik en dit is fantasies om te sien dat die stadsraad besig is om die paaie op te gradeer."
"The place is friendly for visitors and is welcoming to everyone, irrespective of race or gender. "
"Pragtige dorpie, sentrale kern van die dorp nie te aangenaam nie, wil maar liewers jou inkopies doen in die dele op die buitewyke van die dorp. Gelukkig is daar 'n nuwe winkelsentrum wat baie hiermee help. Verder was dit baie aangenaam."
"Enigste nadeel is die grondpaaie, dit kan nogal hectic raak, maar andersins is dit 'n wonderlike plek."
"Daar is so baie dinge om te doen en dinge om te sien mens kan nooit genoeg in Bela-Bela kom nie. Dis beslis een van die plekke wat my 'n trotse Suid- Afrikaner maak. "
"Naboomspruit is a very old town and the people are very poor. Don't have a lot of stock and different stock. Area around Naboomspruit and very nice and people are very friendly."
"Daar is nie veel uniek aan die dorp self nie, maar die omliggende area het baie mooi wildplase en natuurskoon."