Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2317 resensies.
"Die waterval was ook asemrowend en definitef die besoek werd en teen R10 per person is dit oor en oor die moeite werd! Ek moet net my onsteltenis uitspreek oor die groot Boabab boom wat nou nie meer heel is nie. Ons is baie vinnig begroet vir ons R25'e maar daarna was daar geen personeel of bestuur in sig nie. Die webtuiste laat jou glo dat jy n "koue drankie" kan geniet wat glad nie die geval is nie. Ek voel mense moet ingelig word van die werklike stand van sake asook die toestand van die boom en dat die R25'e om die boom te besigtig onnodig is. "
"Definitief 'n plekkie om te besoek. Wonderlike gasvrye mense ontmoet! Mooiste deel van die wêreld."
"Modimolle is 'n mooi plattelandse dorpie en alles was beskikbaar wat ons vir die naweek benodig het."
"Ons sal graag meer wil weet oor Ellisras, maar min inligting vir toeriste. Het darem die gholfbaan besoek - baie mooi baan."
"Mal oor die Bosveld en naby Pretoria. Kan nog op Vrydagmiddag betyds daar aankom."
"Dit is 'n klein dorpie, maar het darem alles wat jy nodig het vir 'n naweekwegbreek."
"Dis 'n oulike plekkie met baie potensiaal, maar ek dink nie die omgewing word goed genoeg bemark nie."
"Ons is baie lief vir die hele Waterbergomgewing behalwe Bela-Bela en die dorp self. Ons gaan eerder Modemole toe, want ons voel veiliger daar."
"Het nou nie te veel tyd in die dorp bestee nie, maar daar is baie plekkies in die omgewing om te gaan inloer."
"Daar is ruim inkopie-geleentheid, met al die nodige eetplekke. Die binnedorp was mooi skoon met geen vullis op straat nie. Thabazimbi is lekker naby aan die Marakele Nasionale Natuurreservaat, asook Ben Alberts Natuurreservaat. Ek sien dat hulle onlangs van die myntoerusting langs die pad parkeer is, - yslike skopgraaf en - massiewe laailorrie. "
"More improvements needs to be done to develop Bateleur Nature Reserve to be an interesting tourist or holiday destination."
Balule Natuurreservaat, Limpopo
Rio dos Elefantes River Camp"Balule is 'n Groot 5-natuurreservaat. Dit is nie die tipe plek waar jy kan uitklim en rondwandel nie."