Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3739 reviews.
"Oor die algemeen dink ek die ekonomie speel tans 'n groot rol in die omgewing se ontwikkeling."
"Hiking was great! We hiked a half-day in Golden Gates from Glen Reenen, then to Cathedral Cave in Golden Gates from Gladstone (Stables), and also in the Clarens conservancy in Clarens - great views. Lunch and live music at Artichoke restaurant in the warm afternoon sun was amazing, but the cheese platter for two was only enough for 1 person. Cheese and cold meat platter at Clarens Brewery was great."
"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie wat sy eie bekoring inhou. Die restaurante en winkeltjies kan mens vir ure besig hou en Golden Gate is nie ver daarvandaan nie."
"Baie mooi Oos-Vrystaatse dorpie met beautiful natuur rondom. Verder ook heerlike restaurante en interresante winkels."
"Wat opvallend was, baie skoon, geen papiere en vullis wat rondlê nie. Almal is vriendelik, Geen bedelaars in die strate nie. Baie veilig en 'n lekker atmosfeer."
"Mooi, maar onnodig duur. Daar is wel 'n paar oulike winkeltjies en 'n goeie bakkery."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met die oulikste winkeltjies en restaurante. Sou graag langer daar wou oorbly."
"Ek is mal oor Clarens as bestemming, dis naby aan Johannesburg wat dit perfek maak vir 'n naweekwegbreek. Golden Gate is om die draai waar ek en my man altyd gaan bergklim of die wandelpadjies gaan besoek met die motorfiets. Clarens self is fantasties met al die restaurante, uitstekende kos, oulike winkels en vriendelike mense. Clarens het verseker 'n spesiale plekkie in my hart en ek sal elke jaar teruggaan! "
"Clarens is a stunning town, love the hiking trails in Golden Gate. Perfect setting for a nice weekend away."
"Clarens is soos 'n weggesteekte juweel. Die berge betower jou, en is die ideale wegkruipplek vir 'n naweek. Pragtige eetplekkies, lekerste snuffelwinkeltjies. "
"Clarens is een van daai moet besoek plekke op jou wenslys! Pragtige natuurskoon met 'n lekker gees in die dorp se sentrale area."