Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1947 resensies.
"Marloth Park beskik oor basiese winkels soos 2 slaghuise, 'n tuisnywerheid, restaurante, winkeltjies wat aan die basiese en noodsaaklike behoeftes voorsien."
"Heerlike weer. Stil en rustige atmosfeer in die bosveld tussen wildediere en die natuur. Dit is beslis 'n plek waar ek sal gaan aftree."
"Die mooiste plek waar ons nog gebly het in Marloth Park met pragtige groen grasperke."
"Marloth is 'n moet vir enige natuurmens. Die winkels het my erg verbaas en die winkel by Marlothi sentrum se slaghuis het heerlike vleis gehad vir ons braai. Die langnaweek was net te kort, sal volgende keer langer gaan."
"Almal was baie vriendelik en hulpvaardig, en die besighede maak dit baie gerieflik. Daar is net 'n geweldige hoeveelheid mense of werkers wat oral in die straat rondsit of staan, wat 'n mens onveilig laat voel."
"Great place to visit to get away from the city and to relax. The Watergat Restaurant is great with food and service. Lots of animals and a treat to drive or walk along the crocodile river."
"Marloth Park het soveel om vir die toeris te bied van groot tot klein, van oud tot jonk. Baie naby aan die wildtuin vir daguitstappies. Marloth Park gee vir jou die vryheid om te stap, fiets te ry en nog boonop die wild te voet te loop. Met al die uitkykpunte en restaurante is dit voorwaardelik 'n lekker kuierbestemming, alleen en saam met vriende."
"Wil sommer daar gaan aftree so rustig en lieflik is dit."
"The roads are very poor and is only suitable for vehicles with high road clearance."
"Marloth Park is baie lekker. Moet wel sê dat as 'n mens vir dagbesoeke by die Krugerwildtuin wil ingaan, dit baie besig kan raak en mens kan lank by die hek wag voor jy inkom. Ons het vooruit bespreek om in te gaan as dagbesoekers, maar mense wat nie het nie moes baie lank wag. As jy elke dag wil gaan wild soek, bespreek eerder direk in. Ons bure het hout in die veld gaan haal een aand en 'n ander aand sommer met 'n kettingsaag 'n boom afgesny. Het dit aangemeld by Marloth se bestuur wat toe niks daaraan gedoen het nie. Was bietjie suur daaroor. Verder baie lekker. "
"It is such a nice place to have a quiet yet exciting weekend away. Just wish there were still animals coming close to people. I think all the building activity and new houses have scared them off from coming near any residential areas. "
"Van die lekkerste bosvakansieplekke in die land! Beste waarde vir geld!"
"Baie lekker, sien baie diere. Ons het dit vreeslik geniet!"
"Die wild al langs die rivier het dit ekstra spesiaal gemaak - vir die dae wat ons nie wildtuin toe is nie het ons baie wild gesien. Die olifante het tot naby die draad gekom. In Marloth Park self het ons nie wild naby die huis gehad nie, maar soos ons heen en weer gery het baie kudu's, volstruise en kameelperde gekry."
"Lieflike staparea al langs die riviergrens!"
"Lekker naby aan die Kruger en mens kry die "bos" gevoel asof mens sommer in die Kruger bly. Restaurant en winkeltjies is gerieflik en alles wat mens nodig het."
"Na die onlangse reen is die veld en wildslewe in uitstekende kondisie. Rustige atmosfeer sonder geraas en bewegende voertuie na donker maak dit n wonderlike moet ervaar vakansie gebied. "
"Baie rustig met alles wat nodig is. Die wild lyk gesond en is mak, mens kan alles van naby besigtig. Die sekuriteit was baie behulpsaam."