Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1947 reviews.
"Marloth Park is 'n baie lekker plek om jou familie heen te vat. Diere kom eet uit jou hand. As jy in Des/Jan gaan maak seker jou bespreek 'n plek met lugversorging en 'n swembad."
"Nog altyd 'n groot gunsteling vir ons om te besoek omdat dit die geleentheid bied om ook deel van die Kruger se wild te sien uit jou eie omgewing."
"Die park is netjies, die diere is goed versorg en baie gemaklik. Elke dag was 'n nuwe ervaring."
"Baie wild gesien. Marloth bied baie vir mense wat wild wil besigtig en die wildtuin wil besoek."
"Sal goed wees as hul bietjie aandag kan gee aan die grond paaie, veral Pofadderstraat. As mens 'n klein kar het sal mens maklik jou kar daar seer maak en van die paaie se naam borde is weg."
"Aangename vakansie bestemming met 'n wonderlike geleentheid om n paar wildsoorte van naby te kan beskou."
"Baie rustig en lekker, bosveld area en regtig 'n aanbeveling vir almal."
"Marloth Park was nog elke keer vir ons 'n aangename ervaring. Baie wild kan gesien word, self in die privaatheid van jou eie akkommodasie."
"Daar is geen sekuriteit by die ingangshekke nie. Hulle maak die hek oop sonder om te vra vir die rede van jou besoek."
"Siels vernuwend om buite te sit. Koffie te drink. Die nuwe dag te begroet. Die son te sien opkom. Diere wat stil en rustig hulle gang gaan."
"Awesome plek kom nou al vir amper 10 jaar na Marloth toe en dit is altyd aangenaam om weer te moet terugkom en ons as gesin of met vriende sien altyd uit om weer te kom."
"Lekker verblyf naby die Kruger Park. Baie toeganklik tot ander besienswaardighede. Noodsaaklike dienste soos winkels en banke ook in die park beskikbaar. "
"Altyd lekker om daar te bly tussen die diere. Vriendelike mense en waardeer veral die rustige atmosfeer."
"A beautiful place with friendly people and lots to see. "