Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1947 reviews.
"Marloth Park = Sielskos! Ek wil definitief kyk of ek 'n huis daar kan koop. Beste plek ooit!"
"Nie veel diere gesien nie, maar dis maar die droogte. Hoop en bid vir goeie reën. Ons het darem kameelperde op pad uit gekry. Alles wat 'n mens nodig het op een stuk grond. "
"Die bos en Marloth is die plek om 'n mens weer 'n nuwe uitkyk op die lewe te gee."
"Marloth Park is 'n fantastiese plek vir 'n Kruger Park wegbreek as jy privaatheid soek en naby aan die diere wil kom. Ons het zebras en kameelperde, volstruise en bokke insluitend koedoes gesien en het 'n hele paar besoeke van nagapies gehad. Absoluut pragtig!"
"Marloth Park is pragtig en 'n lekker plek om te gaan rus en terug te kom natuur toe."
"Vol wild. Kon selfs 'n koedoe met die hand voer. Die plek is awesome, asook die mense daar. Ons gaan Desember weer soontoe."
"Marloth Park is 'n wonderlike park. Baie naby die Kruger Park indien jy soontoe wil gaan As jy nie wil gaan nie kan jy enige tyd langs die Krokodilrivier gaan stap of ry. Daar is baie diere te sien in Marloth Park self."
"Hoogs onsteld oor twee oorsee-toeriste wat die tweede dag van ons verblyf in Marloth Park by die afdraai na Jabula Lodge en Restaurant 'n kameelperd raakgery het. Ek sal sterk aanbeveel dat spoed hobbels naby sulke afdraaie oor die pad gebou word om die bestuurders van voertuie te forseer om stadiger te ry."
"Die omgewing is baie droog en warm op die stadium, maar die diere het opgemaak vir dit! "
"Marloth is teenaan die wildtuin wat lekker is. Dink net hulle moet meer doen om al die plekke binne mooi te hou. "
"Oppas! Twee nagte by die park is te min! Enige stap-entoesias sal die plek geniet. En dan is die (wilde) bokke/diere tussen die huise 'n groot bonus."
"Die enigste negatiewe kommentaar oor Marloth Park was die toestand van die paaie in die wildreservaat. Julle behoort die mense met plat karre te waarsku dat die pad nie geskik is daarvoor nie. 'n Hoër grondvryhoogte is noodsaaklik op sommige plekke. Ons moes 'n paar keer stilhou om klippe uit die pad te verwyder. Daar is ook baie min wild. Ons het meer diere gesien vanaf ons voorstoep. Wanneer ek julle weer besoek sal ek nie weer die moeite doen om na die wildreservaat toe gaan nie."