Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1947 resensies.
"Baie rustige plek om te kuier, dis net die winkeltjies binne Marloth Park wat baie, baie duur is."
"Die eetplekke is baie duur. Daar is nie genoeg eetplekke nie. Die padaanwysings kan aansienlik verbeter. As toeristebestemming sou ek voorstel dat mense eerder binne in die Kruger wildtuin bly, anders gaan jy nooit kan ingaan nie. Ons het Malalane en Crocodile hek probeer 06:00 die oggend en dit was vol, en al die dag besoekers was weg gewys. So ons moes Numbi toe ry, wat 2 ure se ry is van Marloth park. Ons kom van Pretoria af so dit maak nie sin om 5 ure te ry, net om 2 ure terug te ry om te kan ingaan by die Kruger Wildtuin nie."
"Marloth Park is nie vir my/ons `n bestemming of net `n plek nie, dit is `n ervaring. As jy nog nie daar was nie, maak `n plan, sit dit op jou 'bucket-list, mits jy van die natuur hou."
"Te oordeel aan die baie sekuriteitsmaatskappye en -motors vermoed ek dat sekuriteit 'n probleem mag wees. Ek het egter baie veilig gevoel by Doringpoort."
"it a beautiful relaxing area, I enjoyed keep up this standard my partner is also extremely happy."
"Dis die ideale plek vir die reisiger wat die wildtuin wil besoek en nie in die parke self wil bly nie. Uitkykpunte teen die rivier is asemrowend en die meeste diere kan daarvandaan gesien word reg op jou voorstoep."
"Lekker naby Krokodilbrug hek van Kruger Park. Geniet die wild wat tussen huise rond beweeg. "
"Straat name kan na gekyk word. Soms verwarrend."
"Lekker diere gekyk. Besighede regtig baie goed."
"Die winkel in die 'dorp' se personeel was nie baie behulpsaam nie en items was verkeerd geprys."
"Heerlike atmosfeer. Voel of ons deel van die wildernis was. Veral met die diere wat sommer besoek terwyl ons in die swembad ontspan. Die mense was almal vriendelik en behulpsaam en laat mens sommer deel van die gemeenskap voel. Indien daar enigsins iets was om oor te kla, dan was dit miskien die toestand van sekere van die grondpaaie. Die winkels in die park voorsien ook in meeste van dit wat nodig is vir die verblyf hier. "
"Het self voorheen voltyds daar gewoon en gaan hou nog steeds vakansie daar. Baie lekker plek om te rus."
"Maak asb. net seker dat daar nie te veel huise in Marloth Park gebou word nie. Dit voel of daar te veel huise gebou word en daarmeesaam die bos-gevoel verminder."
"Marloth is ‘n rustige, bestemming in die bos waar wild op jou stoep kom kuier!"
"Best of both good restaurants and food and also convenience stores as well as being in the bush."
"Het baie lekker gebly. Baie mooi area tussen die bome en jy sien wild ook soos jy deur die park ry."
"Ons geniet Marloth Park vreeslik en dit is altyd lekker om terug te gaan."