Geverifieerde Resensie
Merweville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Merweville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 71 resensies.
"Dit is die moeite werd om 'n draai by die Boekklub te maak. Die plaaswinkels daar naby is die moeite werd om in te loer. Draai af vanaf die N1 en oornag in Merweville."
"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"
"Tyd het hier stil gaan staan. Pragtige, mooi skoon dorpie. Sal altyd 'n plan maak om daar te gaan kuier as ek die geleentheid kry."
"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."