Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 208 resensies.
"Tipiese dorpie net nog ouer gebou. Het lekker gekuier in die Celtics lodge wat heerlike etes en drankies voorsien in ‘n keurige opset."
"Was te kort daar om meer uit te vind. Sou dit dalk help om wanneer ek 'n dorp search vir blyplek dalk ook 'n skakel na doendinge in die dorp ook by te sit?"
"Middelburg is 'n oulike plekkie, maar ek weet te min omtrent Middelburg en omgewing om 'n ware opinie rakende Middelburg as 'n toeristebestemming te gee. Ek dink egter dat dit 'n ideale oorslaapplek vir die reisiger wat op pad see toe is."
"Ek het nog nooit daaraan gedink nie, maar noudat ek daar oorgebly het, glo ek dat dit minstens 'n dag se oorbly sal regverdig."
"Dink daar moet dalk meer adverteer word of bewusmaking wees vir eetplekke op die dorp. "
"I love the Karoo and Middelburg is always running in my veins. The place reminds me of many memories. Its sunny skies in summer and the camping sites found around the place. This place is composed of a society that strives to make things better for all. Last but not least, the borehole water crowns it all."
"Skatkis van historiese geboue. Baie jammer daar word nie baie waarde aan geheg nie."
"Dis die perfekte oornagplek as jy vanaf die Vrystaat na die Oos-Kaap of Wes-Kaap reis. Die roete is pragtig en die paaie uitstekend."
"Nie 'n groot variasie eetplekke nie, maar die gehalte van die plek waar ons kon uiteet was baie goed. Ons het eintlik maar net oornag - geen ander behoeftes as toeriste gehad nie."
"Beautiful old houses, although a bit run-down, with gems of lovely guesthouses and lodge/restaurant if you know where to look. We'll surely visit again."
"Dit was goed om Middelburg om te ry, ons kon so die ergste verkeer omseil."