Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"Die mense en algehele publiek is baie vriendelik en kan gerus 'n pluimpie van waardering toegedien word. Dit maak sommer dat jy op jou gemak is. Strande is baie mooi skoon net 'n jammerte dat die warm water swembad toe was weens opgradering."
"Ek is absoluut versot op Hartenbos en Mosselbaai. Soveel om te doen en te min tyd om alles te beleef. Ons het baie mooi herinneringe gemaak, danksy ons sentrale verblyf en jul uitstekende diens."
"Julle moet die eetplekkie genaamd Hennie's besoek, kos, fun en als wat jy kan geniet. Mosselbaai is 'n lieflike vakansieplekkie, ons hou al vir die afgelope 7 jaar elke keer daar vakansie."
"Mosselbaai was en is nog altyd een van die beste vakansiebestemmings. Kom al vir die afgelope 50 jaar gereeld na Mosselbaai."
"Ek persoonlik hou meer van Hartenbos as Mosselbaai. Pragtige strand, alles is loopafstand van De Branders."
"Ek love Hartenbos. Ek sorg dat ek elke jaar daar uitkom al die pad van Hermanus en dis nou al jare wat ek Mosselbaai bo enige plek verkies. "
"Ek beveel enige persoon aan om dit hul vakansiebestemming te maak. Vriendelik oral waar jy gaan."
"Pragtige geskiedkundige dorp met vriendelike, behulpsame mense. Asemrowende natuurtonele veral met die see as agtergrond is absoluut terapeuties. Die skoonheid en netheid van die hele dorp. Die strande, restaurante, winkelsentrums, strate en ag alle openbare plekke en -geriewe is uitstekend. Een van die talle juwele van die Wes-Kaap."