Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 2002 reviews.
"Die dorp is pragtig en het baie om aan te bied vir die vakansieganger. Daar is goeie restaurante en veral die toegang tot twee uitstekende gholfbane is 'n pluspunt."
"Ek sal voorstel, dat daar 'n bietjie meer dinge gereël word rondom vermaak, veral in die stil tye. 'n Mens op reis het vermaak nodig in die aand, en oor naweke."
"Mosselbaai is 'n wonderlike toeristebestemming en sal beslis aanbeveel. Die diens by die winkels in Langeberg Winkelsentrum is uit die boonste rakke; personeel is vriendelik en vreeslik behulpsaam."
"Puik vakansiebestemming, pragtige natuurskoon, see is lieflik en iets om te beleef. Sal enige tyd teruggaan Mosselbaai toe en dit vir enige iemand aanbeveel."
"Mosselbaai is 'n pragtige, skoon en vriendelike dorpie! Ek sal beslis daar gaan aftree eendag!"
"Dit is die mooiste en skoonste omgewing wat ek nog gesien het. Geen rommel of papiere wat rondlê nie."
"Danabaai is 'n pragtige plek waar eiendomme oor die algemeen goed in stand gehou word. "
"Maar stillerig buite seisoen, maar die meeste geriewe is beskikbaar in die twee malls. "
"Die strand is baie klein gedurende hoogwater - dis egter geen probleem in die af seisoen nie."