Verified Reviews
Myoli Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Myoli Beach
Rated 4.7 out of 5 based on 61 reviews.
"Myoli Beach is breathtaking with its wide sandy shoreline surrounded by hills. The sea was flat and calm when we visited and lifeguard's were on duty. Close by is the Swartvlei River Mouth. Pili Pili restaurant is situated behind the dunes where you can enjoy sun downers and pizza."
"'n Moet om Gericke se punt toe te stap met lae gety. Dis pragtig met al die poele vol vissies en seelewe. Swem in Myoli se rivier met 'n tjoep as die gety inkom. Heerlik."
"Was nie self op die strand nie, maar lyk baie skoon met goeie swemplek en lekker stapplek."
"Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!"
"Goeie toeristebestemming. Parkering bietjie knap andersins skoon en baie mooi instandgehou. "
"Myoli Strand se sand is die sagste sand, die strand is meestal heerlik plat, so ek sou dink dis ideaal vir kleintjies om op te speel, tot nou toe is dit ook wonderlik veilig vir enige ouderdom om te stap, al is die strand leeg, voel 'n mens veilig daar. Die see self is 'n bietjie gevaarlik om in te swem, ek sou voorstel dat 'n mens vra advies van die plaaslike mense of en waar 'n mens kan swem, maar om deur die vlak golwe te stap is heerlik."
"As jy soek na 'n lekker plek om te gaan "chill", van die wêreld te vergeet en net te wees, dan is Myoli die plek vir jou."
"Sal enige vakansieganger aanbeveel om Myoli Strand te besoek. Sal die dorp weer besoek."
"Myoli-strand het 'n atmosfeer van ongereptheid en sal byval vind by veral natuurliefhebbers. "