Geverifieerde Resensie
Nature's Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nature's Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.9 uit 5 gekry volgens 103 resensies.
"Lovely hiking trails, beaches, forest, estuary for swimming and paddling, roads and trails for cycling. Good place for people wanting to spend time outdoors."
""Nature's Valley" is presies wat die naam vir jou sê: beeldskone natuur wat weggesteek is van al die stadsgeraas. Die see, lagoon, wandelpaaie, kanovaart, visvang, natuurskoon met asemrowende uitsigte, als is daar. Dit is vêr genoeg vanaf al die 'har-war' van die besige dorpe, maar naby genoeg om gou dorp toe te ry indien mens iets benodig. Daar is 'n winkeltjie en restaurant met die mees basiese benodighede op die dorpie self, asook ander eet en kuier plekkies in die nabyheid. Hierdie is beslis nie die plek vir die persoon wat van die stadslewe, winkelsentrums en kuierplekke hou nie, dit is presies die teenoorgestelde: natuurskoon, rustigheid, familietyd, rustyd ... hier kan 'n mens die Skepper se handewerk beleef."
"Its a beautiful area. The beach is a stone's throw away. It's pitch black at night which is awesome. The sound of the waves at night is very relaxing. Even without street lights we felt safe as ADT patrolled up and down the street all night long. Was delighted to see buck at the side of the road. Lovely area and not from many interesting sights, birds of Eden, Monkey and and many more."
"Goeie ligging om te ontspan en die Tsitsikamma te beleef. Goeie keuse vir natuurliefhebbers."
"Omgewing pragtig, paaie daarheen goed, plek het uitgebrei. Lekker om langs see en wandelpaaie te stap. Inwoners baie vriendelik."