Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1926 resensies.
"Ons sal vir seker weer by Basil's Boma gaan kuier. Dis 'n baie rustige plekkie met alles wat jy voor kon vra om te rus en nogsteeds gemaklik te bly. Die eienaars is baie vriendeluk en behulpsaam. Altyd bereid om te help en vir seker waarde vir geld."
"Lieflike studentedorp en lekker vibe. Soos in baie dorpe in Suid-Afrika het Potchefstroom ook maar slaggate. Parkering 'n probleem in die studentedorpgedeelte, maar seker net oor langnaweke en studente se eksamentyd. Lekker kultuurdorp met baie wat aangaan en hou van die nuwe mall wat opgerig is 'n paar kilometer vanaf die Universiteit met 'n Woolies Food, Dischem en SLOUW koffiewinkel en baie meer."
"Netjiese dorp. Die strate was net baie donker in die aand met meeste van die straatligte uit."
"DIe dorp is maar vuilerig en mens kan sien dinge gaan agteruit met die munisipaliteit."
"Baie aangenaam, vriendelike dorp met baie interessante resturante en leefstyl."
"Klerksdorp se paaie en infrastruktuur kort aandag. Ons het ook in die twee dae by 4 of meer plekke verbygery waar pype stukkend was en die water net geloop het- die volgende dag was dit steeds nie reggemaak nie. Ons was daar vir 'n sportgeleentheid by 'n skool en die skool was baie skoon en netjies. Oor die algemeen het ons lekker gekuier in Klerksdorp."