Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"Die ongereptheid, die grondpaaie en stilte was absoluut wat ons nodig gehad het. Dis naby genoeg aan Hermanus en Die Strand vir aankope, maar ver genoeg van al die woelighede om net in vrede asem te haal en die stadsgejaag te ontsnap."
"Vriendelike en behulpsame mense, groot verskeidenheid see-aktiwiteite."
"Ek is versot op Gansbaai! Daar kort net regtig 'n goeie, knus restaurant wat uitkyk op die see met 'n lekker atmosfeer. Iets wat modern en nie te duur is nie. Daar is restaurante - die 1 is altyd toe na ure, die ander 2 is op die hawe maar oud en weggesteek. Die 1 is meer n kroeg. Daar is 'n Wimpy en 2 bistro's maar hul moet jy bespreek en is weggesteek in die hoofstraat, ver van 'n mooi uitsig."
"Dis ons 'go-to' plekkie as ons vinnig besluit op 'n bietjie asem gaan skep - daar is altyd iets om te doen, jy is naby alles en dis 'n lieflike atmosfeer!"
"Witsand is 'n klein dorpie, met 'n pragtige strand. Die mense is vriendelik, gasvry en hulpvaardig. Dit is 'n plek waar jy van die gejaagde stadslewe kan ontkom, en net weer heel word."
"It is a quaint, small town, surrounded by agriculture. Shaws Pass is spectacular."
"The town and surrounding areas (Montagu, Ashton) have many activities, nice restaurants and good wine farms which deserves a visit."
"Gansbaai was 'n heerlike bestemming om deur te toer en daardie deel ook waar te neem. "
"Is daar dan 'n ander bestemming waar winterreën so sag kan sif, waar riete kan ritsel en fluisterliedjies sing soos in die Swartrivier se afloop?"