Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"Baie oulike plek, met genoeg winkels as jy iets benodig. Lekker visvangplekke vir die vissermanne."
"Baie lekker vakansiebestemming met verskeie besienswaardighede, wynroetes en kuierplekke."
"Visvang vir die manne, in die rivier as die wind nie saamspeel nie, en see toe op windstildae. Heerlike koffie- en kuierplekke vir die dames terwyl die manne uitgaan water toe."
"My gunsteling seebestemming, strand is baie veilig en baie restaurante om van te kies. Vriendelike dorpie."
"Rustige dorpie, ideale sentrale ligging om die Overbergkus vandaar te verken, met addisionele voordeel van kort reistyd na moderne inkopiesentrums in Somerset-Wes, of Kaapstad, of wynkelders."
"Ek persoonlik geniet dit om akkommodasie te bespreek in Kleinmond.Dis nie ver om te ry en ek hou net van die omgewing en die strand daar."
"Pragtige plek met pragtige mense! Een van daardie plekke wat 'n mens weer en weer na wil terugkom."
"Alhoewel Struisbaai 'n ongelooflike bestemming is, het ek die rustigheid van Agulhas meer geniet."
"Bettysbaai is 'n ideale bestemming tussen see en berg. Pragtige swemstrande, botaniese tuine en pikkewynreservaat. Staproetes en vleie om in te swem en dis nog baie min gekommersialiseer, met net 'n paar winkels."
"Witsand is a great vacation destination, always love coming here. The beach is beautiful and the water is lovely. One of if not the best fishing destinations in SA, so for the fisherman out there this is definitely the place to come and visit and there are more than enough fishing spots."