Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1643 resensies.
"I love Sabie for a quick getaway, whether it's for a relaxing break away or a bit of adventure, I love this location!"
"Sabie is a beautiful area. The sightseeing is out of the world. I would however note that the roads are in poor condition, dozens of potholes, but we felt safe wherever we went and it is truly a beautiful part of our country."
"Daar is baie verskillende buitelug-aktiwiteite om te doen in en rondom Sabie. Jy moet wel ry om by als uit te kom, maar is beslis die moeite werd!"
"Die Graskop Gorge Lift moet asb. net begin saam werk as dit kom by sosiale distansiëring. Het het niks toegepas en duisende mense was op die 26ste Desember daar sonder maskers."
"Dit is die beste klein dorpie om te gaan relax of om baie adventurous te wees. Dis die dorpie wat tussen al die toerismebestemmings is."
"Pragtige dorpie en area. Dit was net bietjie duur om by elke waterval en besienswaardigheid te betaal. Ons was nie bewus van die kostes nie en moes omtrent R90 per waterval betaal wat ons nie in ag geneem het nie. Dit is 'n goeie plan om vooruit te bepaal wat die kostes sal wees. Bourkes Luck is R65 per persoon bo 12 jaar & Gods Window was R15 per persoon."
"Graskop is 'n dorp wat naby die besienswaardighede is asook die pragtige natuurskoon."
"Die dorp word nie onder hou nie. Swak diens aan toeriste. Sal nie weer daar oornag nie."
"Als is binne stapafstand wat dit 'n heerlike verandering van altyd gebruik maak van motorvervoer."
"Pragtige omgewing met baie besienswaardighede. Baie van die paaie net gevaarlik met al die slaggate."
"Lieflike omgewing met hope om te sien en doen. Die aanwysing is egter soms verwarrend. Die bergpasse is per geleentheid senutergend aangesien motoriste hulle nie aan die spoedgrens, digte mis of verbysteek voor skerp draaie steur nie."
"Pragtige dorpie waar mens onmiddellik tuis voel en maklik sal kan kom nesskop."
"Sabie is 'n pragtige dorpie en is sentraal geleë tussen verskeie besienswaardighede. Dis 'n ideale dorp om oor te slaap vir toeriste."