Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 958 resensies.
"Parys is die awesomeste plek met die vriendelikste mense wat ek in 'n lang tyd teëgekom het. Kan nie wag om weer Parys te besoek nie."
"Lekker eetplekkies, brouery met lieflike bier wat proe soos koeldrank maar skop soos 'n muil! Baie mooi omgewing. Ry rond en kruip in al die plekkies in. Hulle winkels het uitsonderlike antieke meubels asook moderne dekor! Kyk met die oë of gaan om lekker te koop!"
"Ek was nog nooit in Parys nie, baie gehoor en ons het die Vrydag daar rondgery en dit was net amazing, dis so mooi klein plekkie wat so baie het om te sien. Ons sal graag weer daar rond kuier."
"Ek dink Parys moet die Vaalrivier se moontlikhede as 'n toeristebestemming meer ontgin en ontwikkel. Ons sou graag 'n restaurant/kuierplek op die oewer wou besoek wat miskien ook veerbootvaarte, ens sou aanbied. Ons kon nie 'n skoon, gesellige kuierarea aan die oewer opspoor nie."
"Parys is 'n heerlike dorpie om tyd in te spandeer, al die mense is baie vriendelik."
"Interessante winkeltjies, oulike eetplekkies en net buite die dorp kan jy rustigheid ervaar of meer aktiewe dinge doen."
"Werklik naby aan Pretoria en Johannesburg. Baie winkels en veral oudhede en snuffelwinkels vir die entoesiastiese snuffelaar. Alhoewel daar winskope beskikbaar is, is dit eerder die verskeidenheid wat aantrek. Werklik baie restourante vir mense wat nie self wil kook nie. Vir aandetes word besprekings aanbeveel."
"Most places are closed on a Monday in Parys. We wasted a day because we could not visit the winery or the golf course as well as a lot of the shops/restaurants and we where only there for 2 whole days."
"Daar is baie aktiwiteite in en rondom Parys. Ons het 'n begeleide toer deur die Vredefortkoepel onderneem wat baie interessant is. Dit is beslis een van die aktiwiteite wat ons sal aanbeveel vir iemand wat Parys besoek."
"Dit is 'n pragtige dorpie en as die water en elektrisiteit hou, 'n wegbreek werd. "
"Ons was daar ná baie reën, dus was die rivier skoon en vol en alles pragtig groen."
"Die middedorp met die klompie eetplekke en winkeltjies is oulik en verstaanbaar 'n goeie toeriste-attraksie. Net jammer om te sien dat Mimosa Park absoluut ten gronde gegaan het en dat gedeeltes van die dorpie baie armsalig lyk. Wat ook nie goed is nie is die klomp groot vragmotors wat deur die hoofstraat ry wat die rus verstoor. "
"Lekker plattelandse atmosfeer met verskeidenheid van winkels en restaurante. Naby aan Johannesburg en Pretoria."