Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"Paternoster is rustig. Die kreefsmouse kan effe lastig raak. Anders baie stil en ontspannend. Lieflike plekkie."
"Paternoster is 'n tipiese vissersdorp en heerlike vakansiebestemming. Behuising is net baie duur in vergelyking met ander plekke."
"Paternoster is 'n lieflike dorpie maar die restaurante se kombuise sluit hopeloos te vroeg."
"Paternoster is die perfekte bestemming vir 'n vakansie waar mens wil afskakel en net relax."
"Weskus stel nooit teleur nie. As jy van natuur en buitelug hou, is dit die plek vir jou."
"Jy moet beslis elke plekkie gaan besoek - soveel om te sien en te ervaar! Mens kry sielerus daar!"
"Paternoster steel jou hart en siel in een dag. Die eevoud en vriendelike mense laat jou onmiddellik tuis voel en sonder sorge. Hier gaan dit oor goeie kos, menslikheid en die son op jou gesig en seesand tussen jou tone."
"Wonderlike (en groeiende) Weskus-dorpie. Regte plek om 'n paar dae lekker te ontspan."
"Lekker dorpie waar jy nog kan parkeer by jou gastehuis en rondloop waar jy wil wees. Pragtig."
"Paternoster is an out of the way fishing town where you can get lost and away from the busy city life for a few days. Peak season requires timeous bookings for any meals. Great weather and tranquil environment. "
"Wil vir ewig daar bly die atmosfeer is wonderlik. Almal gaaf en vriendelik. Kan kilometres op strand stap. "