Geverifieerde Resensie
Pongolapoort Dam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pongolapoort Dam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 25 resensies.
"Om deur Jozini te ry is 'n uitdaging wat baie kalmte en geduld verg op 'n Vrydagmiddag, maar dis die moeite werd."
"Beautiful well kept dam with no litter and very friendly staff."
"Pongolapoortdam is 'n fantastiese bestemming! Dit is ongelooflik mooi daar en ons sal verseker weer na die area toe gaan."
"Dis mooi, maar dis al. As jy visvang, is dit seker lekkerder daar as toeris. Daar by die dam en village is dit maar bietjie van 'n gemorsspul, so mens kan maar stilhou, kyk en aanry."
"Dis nie duidelik waar mens toegang kan kry tot die dam nie, maar mens kan dalk meer huiswerk doen om uit te vind."
"Damwal en uikykpunt is vuil en onversorg. Verkeer in Jozini is 'n probleem. Ek het nog nie self by of naby die dam vakansie gehou nie behalwe een jagekspedisie in die Pongola Natuur reservaat wat baie goed was"
"Die dorpie het vir ons baie agteruit gegaan vanaf ons 2 jaar terug daar deur gery het, die paaie is in slegte toestand. Baie trokke op die pad, maar dit is maar ongelukkig deel van ons lewe deesdae, meer trokke en minder treine. Verder baie mooi area, bid vir reën vir hulle want dit is baie droog."
"Die dorpie het 'n eg Afrika-atmosfeer. Die dam was egter net 27% vol. Langs die pad stilgehou vir foto's. Pragtige panoramas. Ons wil beslis weer Rosegarden en Pongolapoortdam besoek na die reënseisoen. Dit was 'n besonderse ervaring !"
"Dam is prentjiemooi, oor damwal gery. Daar is 'n shopping mall. Nie baie ander dinge om te sien en te doen nie. Baie "rural" omgewing."
"Die area waardeur jy ry om by Jozini Tiger Lodge te kom is nie ideaal nie, so beplan eerder jou rit om gedurende ligdag ure te arriveer. Gaan kyk of jy die krokodil in die poel onder die damwal kan sien. (Sal goed wees as Jozini dorp se munisipaliteit meer moeite doen om die fantastiese area skoon te maak en so te hou)."