Verified Reviews
Richmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Richmond
Rated 3.8 out of 5 based on 248 reviews.
"During season time and on a Sunday it would have been nice to have more than two restaurants in the town."
"Alhoewel die plaaslike gemeenskap goeie pogings aanwend om die dorpie aantreklik te maak vir reisigers en toeriste, is daar ook duidelike agteruitgang met betrekking tot die dorp se infrastruktuur. Strate is vuil en die ry oppervlakte is in swak toestand."
"Egte Karoo-dorpie gevoel. Stilte is heilsaam. Net wat nodig is vir moeë reisiger. Ongelukkig was ons verblyf te kort om alles wat hierdie dorp aanbied te ervaar. Sal beslis volgende keer vir langer kom."
"Richmond is a small fantastic destination for a sleepover (especially for people passing by on their way to the Western Cape)."
"What was really unusual for such a small town was the contemporary art museum which was well worth the visit."
"Lekker dorpie om deur te ry. Lekker eetplekke, Vetmuis Kombuis en Richard Cafe and Rooms het baie lekker kos."
"Bedelaars oral by die Caltex-vulstasie wat dag en nag net ietsie soek om te eet. Maak dit ongemaklik. Net buite dorp is besoedel met rommel oral in die veld."
"Komende van die Karoo dit is 'n wonderlike lushof. Weet net nie of dit so sal wees vir die persone van die stede."
"Was te kort in Richmond om te oordeel. Ek sou sê dat die huis waarin jy bly bepaal. Nie baie om te sien in Richmond nie, maar die ou tipiese Karoo-huise is baie aantreklik. Uiteraard as jy rus soek is dit die ideale plek."
"Gaan besoek gerus die museum op die dorp. Dis interessant om Richmond uit 'n geskiedkundige oogpunt ook te sien."
"Richmond is 'n lieflike Karoodorp en ook 'n boekedorp. Woon elke jaar die Boekbedonnerdfees by aan die einde van Oktober. Draai af van die N1 en jy word dalk heerlik verras."
"Goeie oorslaapplek halfpad Kaap toe. De Vette Muis is 'n lekker eetplek na 'n dag se lang reis."
"As dorp met 'n paar boekwinkels en met versameling ouer boeke baie goed. Het ook laaste naweek van Oktober die jaarlikse uitstekende Boekbedonnerdnaweek. Ook goeie museum, baie op die perd as dier gerig."
"Mooi dorpie. Ek het nie tyd gehad om daar rond te loop nie."
"Hierdie dorpie lê weggesteek agter die rantjie langs die besige N1, maar die oomblik wat jy afdraai in die strate kom die kalmte van die Karoo oor jou lê. Regtig ’n goeie ervaring om daar tyd te kon spandeer."
"An unexpected gem. A small one, sure, but a gem nonetheless."
"Interesting little place with one 5-minutes road through, which offers a view of pretty little houses!"