Geverifieerde Resensie
Richmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Richmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 248 resensies.
"Boekbedonnerd die laaste naweek in Oktober, beslils 'n hoogtepunt om by te woon. Die inwoners van Richmond is vriendelik en verwelkomend."
"Verrassende mooi dorpie. Pragtige ou huise, meeste goed opgepas, in die wydse Karoo-landskap. Vriendelike mense. "
"It is up and coming and full of wonderful warm hearted South Africans with culture. Love the food and shops and beds too - tried many guesthouses there and they are great."
"Die mooiste Karoo-dorpie met baie om te sien en te ervaar. Heerlike etes by die Plaaskombuis."
"Baie klein dorpie, goed vir verblyf as jy wil oorslaap tussen Johannesburg en die Kaap."
"Oulike Karoo-dorpie met 'n lekker rustige atmosfeer waar 'n mens lekker kan ontspan."
"Pragtige Karoo dorpie wat goed geleë is vir een nag se oorslaap. Indien mens die boekefees wil bywoon kan mens dalk langer oorbly. Daar is 'n perdemuseum wat een van twee in die wêreld is en dit is die moeite werd om te besoek."
"Baie stil en rustige plekkie. Gee jou die atmosfeer van 'n ou dorpie. Mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Dis nie iets wat ek verwag het nie, maar weet dis die Karoo en 'n regte klein Karoodorpie ons is van Natal het nog nooit tevore daai kant gegaan, maar die rit terug het dit darem beter begin lyk."
"Baie mooi dorpie met baie potensiaal as 'n toeristebestemming. Die dorp is baie vervalle en baie vuil en ons glo dat dit maklik deur die gemeenskap netjies en skoon gehou kan word. Ek dink die gemeenskap daar moet meer bewus gemaak word dat hulle kan baat daarby en van die potensiaal van die dorp bewus gemaak moet word. Daar is pragtige ou geboue daar met tonne geskiedenis en moet bewaar word vir die toekoms. Verblyf was goed daar maar ons was werklik teleurgesteld in hoe die plek verwaarloos word en vuil is Richmond is 'n juweel vir toerisme, maar daar sal drasties iets gedoen moet word omtrent die verwaarlosing van alles daar en die vuilheid rommel strooiing en paaie wat uiters swak is, tuine wat nie onderhou word nie en net agteruitgang van 'n pragtige ou dorp!"
"Puik! Meer mense moet dit op hul lysie sit van plekke om te besoek!"