Geverifieerde Resensie
Robertson
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Robertson bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 513 resensies.
"Robertson is een van ons gunstelingbestemmings om weg te gaan kruip van die besige lewe. Dis ons derde besoek aan die dorpie en dit sal 'n gunsteling bly - ons vertel al ons vriende om soontoe te gaan."
"Pragtige dorp met vriendelike, behulpsame inwoners wat die dorp self nog meer spesiaal maak."
"'n Pragtige dorp met wynlandgoedere te kies en te keur! Sal graag weer hier wil oorbly, dalk net langer volgende keer."
"Baie goeie area om plattelandse wynplase en klein dorpies te besoek. Net jammer die Klipdrift Distillery bied nie besigtigingstoere aan vir toeriste nie, sou dit graag wou sien."
"Beste plek ooit, geen geweld sover en beslis 'n toegeruste vriendelike plek. "
"Ek sal enige tyd terug kom vir die wyn in die area, as ook die kos by Bourbon Street."
"Dis altyd 'n vriendelike dorp en almal verwelkom jou as jy in die dorp loop. Mens voel veilig en als is naby so ek like als van die dorp."
"Pragtige dorpie met besienswaardighede. Heerlike restaurante naby die gastehuis."
"Pity about the current roadworks and stop-and-go’s. Otherwise lovely area for wine tasting."