Geverifieerde Resensie
Sarah Baartman District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3591 resensies.
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Meerkat"Nieu-Bethesda is vol verrassende geskiedenis en plekke, veral eetplekke. Die groot attraksie is natuurlik Helen Martins se Uijlenes. Daar is heelwat kunsgalerye en selfs 'n boekwinkel. Die padstal by die ingang van die dorp is beslis n besoek werd (en om kerrie-afval op mieliegruis te eet). Ontdek die dorp op voet en loop by die bierbrouery in om 'n koue bier weg te slaan."
St. Francis, Sarah Baartman-distrik
Sandown Self-Catering"Pragtige plek met goeie restaurante. 'n Stukkie Europa."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
Aster @ 5 Sunridge Park Self Catering"It is a place you should visit and decide for yourself. Lots to see and do and they have the sea."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
And The Cow Jumped Over The Moon..."Om te gaan rus definitief 'n moet, maar met kinders sal dit nie werk nie. Maar dit was 'n belewenis."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Jay's Gastehuis"Effens te besig vir my, maar dis net persoonlike smaak."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Waterkant 2"Jeffreysbaai is 'n pragtige vakansiedorpie. Ons het vreeslik lekker gekuier en geëet by 'n verskeidenheid van restaurante."
St. Francis, Sarah Baartman-distrik
Strandlangs"Would be nice to have a Woolworths although the Spar is quite good. "
St. Francis, Sarah Baartman-distrik
Milkwood Way"We had a very good time there, we will definitely come back again. "
Patensie, Sarah Baartman-distrik
DeMist Cottage - Old Pollie"If you wanting mountain views and farm experience, then Patensie is great."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Cedarlaan 16"Ons het slegs besoek vir die Baviaans fietsren. Nie kans gehad vir toerisme-aktiwiteite. "
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Dolphin View Guesthouse"Vriendelike mense, ons het ingeloer by Flower Boutique en J-Bay Biltong, het lekker gesels met die eienaars. Voorstrand-area baie mooi uitsig op die see, het koffie gedrink by Tasty Table Cafe, oulike plekkie."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Paradise Self-Catering Units"Kom beslis weer. Net 'n cool plek. Almal baie vriendelik. Surf winkels. Baie goeie inkopie-ervarings."
Kenton-on-Sea, Sarah Baartman-distrik
Dunwerkin Self-catering Accommodation"Baie aangename en goed-versorgde dorp."
"Die dorpie, lodges en winkels erg geraak deur laaste 2 jaar se afwesigheid van toeriste. Olifantpark baie goed bestuur en onderhou."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Seashells Holiday Apartments and Conference Centre"Uitstekend en baie keuses van verblyf en pryse, mooiste dorp en omgewing, baie om te doen."
"Vriendelike, gasvrye mense. Wens ek kan iets aan die verskriklike armoede van die omgewing doen. Veral kinders."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
The Sparrow's Nest"Skoon en netjies, net nie baie om te doen nie."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Surfpoint 9"Besige dorp by die see, maar al die geriewe van lieflike restaurante en winkels byderhand."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Allemann se Huisie"Spandeer meer as 'n dag daar en stap in die veld."
Steytlerville, Sarah Baartman-distrik
The Royal Steytlerville"Hulle kom hoogs aanbeveel en maak die dorp Steytlerville trots!"
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
9 on La Roche Drive"Baie stil en rustig, nie te veel om te doen nie."
Somerset-Oos (KwaNojoli), Sarah Baartman-distrik
Herberg Manor"Somerset-Oos is 'n dorp met ouwêreldse sjarme. Skoon strate, rustige omgewing - het veilig gevoel. Selfs die restaurant wat 'takeaways' verskaf het, is aan te beveel. Vriendelike inwoners - was by 'n diensverskaffer met die naam van Hansie, wat gehelp het met 'n skroef wat losgekom het in onderstel van voertuig, uit sy pad gegaan om te help, wou nie eers geld aanvaar nie - dis die soort dorp wat dit is. Omgee-dorp. Sal beslis weer 'n draai wil maak in Somerset-Oos."