Geverifieerde Resensie
St Helena Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Helena Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 696 resensies.
"Almal was so vriendelik en die klein eetplekkies is uniek. Baie om te sien en te beleef."
"Ons het klaar 'n erf daar gekoop en gaan eersdaags daar bou. Beplan om dit ons aftreeplek te maak."
"St. Helena Bay is an ideal destination if you want a quiet, beach getaway, with lots of water sports. The locals are friendly and the town is clean and well serviced. We love it so much that we are moving to the town in the near future."
"Vriendelike mense! Rustige plek, veilig en orals is stapafstand na die see toe. Dit was my eerste keer in St Helenabaai, maar dit het gevoel asof ek daar hoort. Restaurante se kos is vreeslik lekker en maklik om te kry. Dis definitief 'n lekker/aangename vakansiedorp."
"Amazing holiday destination with family and kids. Ideally situated with the most calming and relaxing atmosphere."
"Dit is baie mooi en rustig maar tans is daar nog min om in St Helenabaai self te doen. Jy moet heeltyd na omliggende dorpies en strande ry om aktiwiteite te doen. Dit sal perfek wees vir 'n rustige vakansie waar jy slegs by die huis wil vertoef."
"The beach was filled with seaweed which did not make for an easy walk. Not sure if this is an issue that could perhaps be looked at otherwise was a fantastic destination."
"St Helenabaai het my hart gesteel. Ek maak reeds planne om weer en weer terug te keer. St. Helenabaai is beslis 'n stukkie paradys!"
"Die dorpie is nog relatief stil en veilig, ook binne bereik van baie ander toeristebestemmings."
"Pragtig. Oulike strandjies/restaurante en ander besighede. Sentraal geleë na heelwat ander besienswaardighede in die omgewing."
"As jy pragtige stukkie weskus wil beleef met baie minder voete oor die feestyd, is St. Helenabaai die plek vir jou! Ons het heerlik gekuier en kon ons batterye lekker herlaai vir die nuwejaar!"
"Op St. Helenabaai self is nie baie om te doen nie tog het dit heelwat uitgebrei sedert ons laaste besoek daar. Wat lekker is, is mens kan van daar heelwat ander Weskusdorpies besoek soos bv. Paternoster en Port Owen wat baie mense tog ken."
"Groot kruidenierswinkel met alles wat benodig word, uiteetwinkels vir kitskos en vele restaurante. Apteek ook beskikbaar. Vriendelike inwoners en almal behulpsaam."