Verified Reviews
Strandfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strandfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 135 reviews.
"Dis 'n oulike klein vakansiedorpie, kom net voorbereid daar is nie veel te koop nie, net 'n klein kafee. "
"Strandfontein is regtig die wegbreekplekkie om te gaan ontspan. Strand is baie skoon, baie eenhede om van te kies, braaigeriewe teen die strand is regtig awesome."
"Strandfontein is 'n rustige stranddorp waar daar lekker gestap kan word met 'n pragtige uitsig oor die see. Naby Doringbaai. Waar 'n man vis, brandstof en ander benodighede kan kry. Kommetjie Restaurant (Strandfontein) het ons smaaklik geeët aan hul Seekos-bord. Waarde vir geld. Ons sal definitief weer terugkom."
"Vandat ek klein was het ons Strandfontein as 'n gesin besoek en so sal ek met my baba jaarliks Strandfontein toe gaan. Goue herinneringe. "
"Dis 'n klein, unieke plekkie waar jy regtig net kan gaan ontspan en lang ente langs die see stap in buiteseisoen. Sorg egter dat jy jou inkopies doen soos in Vredendal."
"Baie mooi skoon dorpie met 'n pragtige mooi swemstrand as jy bereid is om die atlantiese oseaan se koue te trotseer."
"Verlief op Strandfontein. Dis 'n heerlike plek en perfek vir strandstap en het sommer vele oulike plekke ontdek. Kos vir my siel dié plek."
"It definitely is a great holiday destination and as a family, we will definitely visit it again."
"Absoluut perfek. Ons het gaan rondry na plekke met name en Strandfontein bly bo aan die lys."
"Rustige en veilige omgewing. Perfek om te bly en die omliggende ongerepte areas te verken."
"Die mense by die kafee kan 'n bietjie meer entoesiasties wees om mens te bedien en vooraf sorg dat die roomysmasjien korrek werk."