Geverifieerde Resensie
Swellendam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Swellendam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 526 resensies.
"'n Pragtige, veilige dorp met vriendelike mense, lekker eetplekke, pragtige geboue en bome, en 'n heerlike klimaat!"
"Pragtige, rustige dorp met so baie om te doen! Pragtige natuurreservaat, oulike winkels en restaurante."
"Skoon, netjiese dorp met pragtige geboue. Oornagstop te kort! Sou langer wou bly."
"Baie rustige dorpie as jy wil wegbreek met al die nodige winkels en dit is alles baie naby."
"Pragtige dorp met die mooiste kerk. Besoek gerus die museum. Dorp het heerlike eetplekke, probeer gerus Republiek van Swellendam."
"Een van die mooiste dele van Suid Afrika. Swellendam met my hart gesteel. Daar is 'n groot verskeidenheid eetplekke vir elkeen se smaak. Al die etes wat ons geëet het was heelik. Veral die Garden Shack se seekos en puik atmosfeer! Die area is pragtig en dis ideaal om as basis te gebruik om die area te verken."
"Pragtige historiese dorp. Nie te ver van Kaapstad. Vriendelike mense en soveel om te sien en te geniet."
"We enjoyed getting to know the place better and it was a lovely mid break in between Cape Town and George. We had nice meal at Republic, within walking distance of Bergview."
"Die Swellendam inskrywing vir Kwêla se “Dorp van die Jaar Kompetisie” het my daarheen gelok. Dit het baie hoë verwagtinge geskep, waaraan nie heeltemaal voldoen is nie."
"Wonderlike plek met baie historiese geskiedenis, ons het altyd net verby gery, maar sal enigeen aanraai om in te draai en Swellendam te besoek. Wonderlike gastehuise, eetplekke en baie ander plekkies om te besoek."
"Swellendam het baie besienswaardighede om te bied. Ons het een van die roetes gaan stap in die Bontebok Park en het dit vreeslik geniet."
"Dit is die 3de oudste dorpie in SA. Dis 'n ware juweel. Definitief sal ek weer 'n plek daar wil bespreek."
"One really does have to travel very far to find nice places in and around. Also, many places close very early."
"I fell in love with this gem of a town. The vibe was so amazing and people so buzzy at the same time a calmness that comes over you that you feel totally relaxed."
"Lekker halfpad tussen George en Kaapstad. Mooi skoon dorp met goeie restaurante. "