Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1358 resensies.
"Infrastruktuur het totaal agteruit gegaan. Pad is afgryslik met reuse gate. HEEERLIKE restaurant by vulstasie, eienaar is Hentie: vriendelikste diens, heerlike kos en perfekte gesellige samesyn met die plaaslike inwoners. Mense is vriendelik en die dam is pragtig, indien die dam en oord vol is en daar mense kuier kan dit 'n gesellige plattelandse wegbreek wees."
"Ek dink daar is baie om te doen in die omgewing. Norvalspont/konsentrasiekamp se kerkhof, eenbaanbrûe by die dam self en by Norvalspont is baie om te sien. Venterstad bied ook n wye verskeidenheid en vir Bethulie het mens 'n hele dag nodig!"
"Dis 'n ongelooflike natuurskoon. Rustig maar dink as jy 'n boot het gaan jy lekker kan baljaar vir 'n hele paar weke. Dorpie se mense is ook baie vriendelik."
"Bethulie het ’n plattelandse bekoring met vriendelike, akkomoderende mense. Gate uit geniet. Die Ou Kar se pizzas is skokkend lekker!"
"Baie lekker gebly. Sal weer so maak. Alles was baie skoon en ons het alles gehad wat ons moontlik nodig kon kry."
"From a historical point of view the quaint little town of Bethulie is well worth a visit. Trudie Venter took us on a short tour of some very interesting sites, and she herself has such a wealth of knowledge about the places and events - it was a pleasure to listen to her and learn, despite the fact that many of the historical stories were sad ones."
"Baie waardevol vir toerismebedryf en kan gerus meer adverteer as vakansiebestemming of as oorslaapbestemming op vakansiereise."
"Ons wou die natuurreservate besoek, maar almal was toe gewees vir een of ander rede. Al wat ons kon sien was die damwal en dorpie. Daar is nie veel anders om te doen nie, die oord en bote was ook toe gewees."
"'n Mooi en veilige dorp waar mense kan stap. Geskiedkundige toere kan bespreek word by Trudie Venter - dit sal goed wees om mense daarvan te laat weet. Sy is besonder kundig oor die geskiedenis van die dorp en omgewing."
"As jy by die ATKV-oord bespreek kan jy langer kuier. Andersins is 'n dag besoek goed genoeg."