Verified Reviews
Transgariep
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Transgariep
Rated 4.2 out of 5 based on 1358 reviews.
"Gariep is so 'n middelpunt om oor te slaap. Meer info oor die dam oorsprong, bou ens. sou handig gewees het."
"Daar is baie om te doen om die natuurliefhebber besig te hou. As jy hou van wild, voëls, visvang, water, sterre en klein, stil dorpe, is dit 'n ideale omgewing. "
"Bethulie is 'n baie oulike dorpie met baie geskiedenis. Regte boeregemeenskap wat gasvry is. Baie rustig en stil. "
"Ons was bevoorreg om tuis te gaan gedurende die einde van Maart toe dit bitterstil was. Ons sou nie wou vakansie hou gedurende n skoolvakansie want dit sal beslis baie besig wees. Gariepdam is pragtig, netjies en ingestel op kliëntediens. Sal beslis aanbeveel. Dit was ons eerste besoek aan die Gariep. "
"Paaie kort dringende opknapping! Goeie eetplekkies, oulike deli/slaghuis vir biltong en skaapvleis."
"Net een aand oorgeslaap, maar dink die pragtige omgewing het potensiaal as dit bemark word. Baie mense weet nie waar dit is nie. Ek sal graag terugkeer."
"Grew up there in my young day, fond memories. Town clean, people friendly, restaurants affordable."
"Baie interessant! Ek het nie geweet dis die grootste dam in ons land nie. Om die damwal, sluise en al die geboue wat die proses moet bewerk. Ek sal graag tyd wil maak om oor die wal te stap en ook onder in die tonnel. Sal in die vervolg dit reel en tyd maak daarvoor! "
"Dit sou wonderlik gewees het om voor die tyd meer te geweet het van Bethulie se besieningswaardighede sodat ons tyd kon inruim om bietjie langer oor te bly en nog meer te kon sien. Aan die anderkant miskien kan ons nou 'n tweede keer daar 'n draai gaan maak. "
"Lovely views over the dam, although the level of the dam is extremely low due to the drought. "
"Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis. "
"Ons het nie eerstehandse ondervinding nie, maar dis mooi en die Bistro by die oord was uitstekend. Goeie waarde vir geld!"