Geverifieerde Resensie
Underberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Underberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 204 resensies.
"Was vriendelik verras deur die klein dorpie en sy mense. Was deel van die Joberg2C bergfiets resies. Definitief een van my gunstelingplekkies nou."
"Vriendelike mense! Die dorpie is maar aan die uitrafel, maar kyk by dit verby en jy bevind jouself in die heel mooiste deel in die hele Suid Afrika. "
"Die dorpie moes eens baie netjies gewees het maar is nou effe vervalle, met slaggate in die pad. Ek sal egter The Grind restourant wil noem as 'n plek om by te gaan eet. Fantastiese kos en goeie pryse. Netjiese plek."
"Museum baie interessant. Genoeg inkopie geleenthede. Rustige dorp. Mooi St Peter's kerk."
"Mooi ou dorpie. Sanipas sommer baie naby. Op en af met gewone dubbelkajuit bakkie. Grenspos was vriendelik. Yellow Lemon Tree kan ek beslis aanbeveel. Lekker geëet. Kos heerlik atmosfeer en diens ook."
"Die omgewing is pragtig! Ons het die Sani-pas gaan ry en dit was werklik 'n ongelooflike ervaring om tot by die Lesotho grenspos te ry. Lemon Tree is die oulikste koffie-kroeg/restaurant en hulle diens en kos was beslis een van ons hoogtepunte. Hierdie kuiertjie was vir ons 'n eenmalige besoek. Ons wou graag ons kinders die omgewing gaan wys, maar ek dink nie ons sal Underberg weer besoek nie."
"Dorp lyk heel gaaf. Ons was te kort daar om dit behoorlik te geniet, maar gaan weer terug soontoe. "
"Underberg is asemrowend mooi en bied orals 'n uitsig op die berg. Al die restaurante daar rond kan met liefde besoek word."
"Great MTB trail at the Olde Duck. Great Super Spar in town. Although the town itself is not much to write home about but did I mention the beautiful scenery! There are a number of eateries in and around the area for all tastes and budgets. Puckertty Farm Stall has lovely homemade bread and baked goods. Best coffee is at the Olde Duck. Underberg is stunning for cycling hiking fishing, simply unwinding and taking in nature. Now I know why South Africans call SA God's country. Underberg is simply stunning."