Geverifieerde Resensie
Underberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Underberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 204 resensies.
"Gaan nou nie te veel aan nie, maar as jy die omgewing wil verken ens is dit n baie goeie basis."
"Ek kan die Lemon Tree Restaurant sterk aan beveel. Underberg is n mooi klein dorpie waar jy alles wat nodig is as toeris kan kry. "
"Underberg is soos meeste dorpe in die omgewing maar bedrywig met baie voetgangers en karre in die middedorp. Maar die Superspar het als wat jy sal benodig van hout tot sjerrie vir die winter. As verblyf, om die pragtige omliggende areas te verken, is Underberg beslis die perfekte keuse."
"Dit was die einde van die maand so die dorp was baie besig. By die winkel het ons vir omtrent 45 minute in 'n ry gestaan om iets te koop. Daar is 'n baie oulike restaurant in die dorpie met die naam "Mikes Restaurant". Baie vriendelike eienaar en die ontbyt was heerlik. Kon nie glo hoe goedkoop dit was en die hoeveelheid kos wat jy kry nie. Hier in Jozi kry jy dit nie. Verder is dit 'n pragtige plekkie! Dit is mooi in die winter en ek kan net dink hoe mooi dit n die somer moet wees."
"Underberg Cheesery het die heerlikste kaas. The Olde Duck en Pucketty Farm is definitief die moeite werd."
"Geleë in een van die mooiste dele van ons land. Die Lemon Tree Restaurant is ons gunstelingeetplek."
"Die omliggende melkplase en mooi uitsigte oor die Drakensberge gee Underberg 'n rustige atmosfeer. Die dorpie het 'n mooi groot SPAR-winkelsentrum met alles wat jy nodig het. Die paaie het wel 'n paar slaggate, maar die natuurskoon maak op daarvoor. Underberg is net 'n klipgooi weg van Himeville, met 'n museum en ander besienswaardighede."
"Die dorp se owerhede besef nie wat se juweel van 'n toeristebestemming Underberg is nie. Hulle moet daadwerklik 'n poging aanwend om die dorp op te knap."
"Sani Pass is the attraction. Himeville, unfortunately, in my humble opinion, is slowly losing it's tourist attraction."
"Underberg die dorp bied nie veel nie, maar die rit op met die Sani pas was asemrowend en beslis die moeite werd."
"Our first visit to Underberg and that part of the country. Next time our stay will be longer to see more of the area."
"Underberg is regtig `n spesiale juweel in ons land en hoop almal kry die geleentheid om die pragtige uitsigte te kan aanskou soon ons dit elke keer sien. Sal beslis weer so maak."
"Underberg is nou een van ons gunsteling stopplekke. The Lemon Tree het ons bederf met middag/ aandete - heerlik. Die Spar was gerieflik net om die draai. Die mense vriendelik, die area ongelooflik mooi en sentraal met baie plaaslike 'plekkies' om te ontdek en baie om te doen. "
"Bied min vir die gewone reisiger. Dit is egter by uitstek 'n bestemming vir bergfietsryers en stappers."