Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 1636 reviews.
Mabalingwe Nature Reserve, Waterberg
Bigfoot 248 Mabalingwe"Mabalingwe is beautiful and one of our favourite places to stay."
Mabalingwe Nature Reserve, Waterberg
Stone Lodge"We did feel the nature reserve aspect did let us down slightly as we did not see any of the big 5, and we had to travel quite far each time to get to the other reserve sections, but the travelling in the game vehicle was all the excitement we needed to make it an incredible experience."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
LaPumba"Maak baie seker in watter kamp jy bespreek. Ons was nie bewus van die verskillende kampe en dat dit die erfgroottes beïnvloed nie. Ons het dit goed getref, maar daar was een spesifieke kamp wat werklik onaardig was. Veral in besige tye sal ek eerder 'n groter erf wat verder van bure af is aanbeveel. "
"Tragiese, depressiewe dorp waarin ons nooit sal gaan woon nie. Geen "warmte" of groen gras of 'n mooi spuitfontein en 'n teken wat sê "welkom" nie. Oud en verwaarloos."
"Gerieflik naby Gauteng, maar die tolhekke is 'n groot negatief. Dit is egter nie die Waterberg se skuld nie; ek noem dit maar net. Dit neem baie reistyd op en veral een tolhek is buitensporig duur vir die diens wat die pad bied."
"Ons het net 'n stil wegbreek gesoek en dus nie na ander toerisme aantreklikhede gekyk nie. Was wel in die dorpie om paar basiese goed te koop en het die Saterdag se Wintermark besoek en geniet."
"Provinsiale toegangspaaie lyk nie goed nie, maar is begaanbaar. Naby aan PTA/JHB."
"Vaalwater self het nie veel om te bied in terme van restaurante nie, maar Lilies & Limes Country shop, net buite Modimolle, is 'n oulike aftrek-plek vir ietsie ligs om te eet en deli-aankope."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Vir Altyd"Hulle kan meer inligting verskaf oor die reservaat en die paaie opknap. Mens verdwaal baie maklik in die reservaat, omdat daar nie genoeg aanwysings is nie. Dalk kan hulle 'n wandelroete of hike maak vir mense wat graag wil stap en nie verdwaal nie."
"Ons was jare gelede in die dorpie en die verval is duidelik sigbaar. Tog is daar ligpunte soos die Waltco slaghuis, waar jy goeie vleis teen bekostigbare pryse kan koop en ook groente, vrugte, brood, koeldrank, souse, alles wat jy kan nodig kry om heerlike etes by 'n selfsorg-eenheid te kan voorberei - ons het lekker gebraai."
"The roads from the highway were terrible. It will be economical to fix the roads. You would lose business if the roads are not fixed."
"Die bosveld is 'n toeristebestemming. Daar is baie oulike plekke rondom die Waterberg area."