Geverifieerde Resensie
West Rand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Rand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 230 resensies.
"Ek is nog altyd mal oor Krugersdorp. Ek het baie familie daar en daar is altyd interessante dinge om te doen in die omgewing. Die Wieg van die Mensdom is om die draai."
"Jammer dat die paaie met vuilgoed bestrooi is. Vrywilligers het wel skoongemaak met hul eie sakke en handewerk. Ons was baie beïndruk om dit te sien."
"Die omgewing wat ons jare gelede as 'n interessante kunsdorpie ervaar het, het ontstellend verval en voel nie veilig nie. Die natuur is steeds mooi."
"Die kinders het Maropeng en die Sterkfontein-grotte veral geniet. "Candle dipping" ook 'n heerlike aktiwiteit. Netjiese Superspar wat baie naby is. "
"Lekker vir 'n naweek, net jammer dat mens nie altyd weet mens moet vooraf op Cradle of Humankind bespreek en betaal nie. Ons kon nie gegaan het nie omdat hul vol geboek was vir die naweek. Sal op volgende geleentheid seker maak daar is kaartjies beskikbaar voordat ons gaan."
"Worth taking a drive to the botanical gardens, and the caves in the area."
"Kom na Magalies Gliding Club vir 'n besonderse sweefbelewenis en bekyk die wêreld van bo met net die gesuis van wind om die vliegtuig."
"Waarde vir geld in terme van afstand van Pretoria/Johannesburg. Baie aantrekkingspunte wat naby mekaar geleë is."
"The Muldersdrift area has a lot of hiking, mountain biking and cycling trails. There is a lot of activities to partake in."