Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36824 resensies.
"Alles wat n mens nodig het is daar, asook interessante winkeltjies, en dit is so geleë dat 'n mens nog die omliggende omgewings ook kan geniet. "
"Barrydale is stil en rustig maar die omgewing is pragtig en ons het verskeie dag uitstappies gedoen. Daar is wonderlike restaurante op die dorp en die plaaslike kinder Rieldans groepie het ons vermaak by die hotel."
"Die wynplase is pragtig, die mens gasvry en die wyn lekker. "
"Ek wil nie graag se dit is 'n uitstekende bestemming nie want ek is bang dit word oorval. Dit is so rustig. Sal baie graag Jacobsbaai in die somer wil besoek."
"Ek was aangenaam verras met hoe groot die plek geword het vergeleke met 20 jaar gelede. Verder was ek verstom oor die aantal operateurs wat mense uitneem om na die haaie te gaan kyk. Ek dink min mense weet hoe groot die bedryf is by Kleinbaai."
"Pragtige toeriste bestemming. Veilig en rustig. Naby genoeg om Hermanus en omgewing te verken. "
"Agulhas is die suidpunt van Afrika en 'n pragtige dorpie. Ek voel dit is belangrik vir enige toeris om daar 'n draai te maak."
"Mooi dorpie met net 'n paar huise. Hier kan mens nog stilte en rustigheid beleef."
"Die voëls en die sonsondergange is puik. Lekker naby aan plekke soos Clanwilliam en Wuppertal. Ek vermoed dat dit 'n puik verblyf sal verskaf tydens blommetyd."
"Lovely, definitely the best part of the country. God blessed Cape Town with a magic wand. The streets are clean, no pot holes, roads well marked and it is a pleasure to speak to all the different races in Cape Town who are so friendly. Well done Cape Town, proud of you. "
"Ek geniet Heroldsbaai baie. Die natuurskoon is wonderlik, die staproetes is pragtig, die strand is pragtig. Al wat ek sou verander, is om al daardie reuse vakansiehuise terug te wil verander na die pragtige, eenvouding, nostalgiese huise van die vorige generasie. "