Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 768 reviews.
"Mooi en rustig, salig. Mens kan lekker afskakel en net die rustigheid geniet."
"Klein dorpie op die begin van die Weskus. Ideaal vir lang stappe langs die strand en rustig lees in jou gunstelingstoel."
"Baie oulike klein Weskusdorpie, nie baie restaurante nie, maar lekke strand."
"Fantastiese plekkie, mooi skoon en 'n stil vakansie paradys met mooi skoon strande baie gelukkig en tevrede met verblyf."
"Die gevoel van kommervry soos 'n mens dit nog in die ou dae beleef het. 'n Plekkie waar jy nog met oop vensters kan slaap en jou motor buite kan parkeer sonder om bekommerd te wees oor enige misdaad. Lang uitstappies langs die strand. Die enigste te kort volgens my, ek kon nie 'n viswinkel kry waar ek 'n lekker stukkie gebakte snoek kon kry nie, maar verder is dit hemels."
"As jy op soek is na rus en vrede of om kwaliteit tyd saam jou geliefdes te spandeer, dan is Yzerfontein die moet plek om te besoek. Die strand is een van die mooiste op die Weskus en nie te praat van die gasvryheid van hul inwoners nie."
"Yzerfontein het nog daai klein-dorp gevoel en is naby die Kaap. Dis 'n vriendelike dorp met goeie strande en als wat mens nodig het. Hartsplek. "
"Rustig en die Weskus padstal doen die ding. Kos is heerlik en die diens vriendelik en die groentemark by die ingang is 'n bonus. Die strande en strate is skoon en netjies. Hou so aan Yzerfontein."
"Lekker plek! Nie te besig nie, nie te stil nie. As jy beplan om te swem, huur 'n huis met 'n swembad of koop 'n wetsuit, die water is koud! "
"Die mooiste kusdorp, pragtige plekkie langs die see. Baie vriendelike, gawe mense. Ons het elke oomblik daar geniet!"
"Die restaurante moet asb. later oop bly. Dit is 'n baie stil en rustige dorp. "
"Maintain the standard which will attract the people you want to visit & buy in Yzerfontein."
" Mooi area met genoeg om te doen asook net op die gras te sit en na die see en omgewing te kyk en te kyk met boek wat jy gaan vergeet om te lees."
"Netjiese en skoon dorp. Rustig in Oktober. Ideaal vir stedelinge wat wil wegbreek van die gewoel. "