1 On Joyce
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Joyce Street, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
1 On Joyce is 'n bekoorlike tuinkothuis op die eienaar se erf in Franskraal, net 300 m vanaf die hoofstrand. Die kothuis het 'n privaat ingang en is die perfekte wegbreek by die see vir paartjies.
Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, gasoond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Elektrisiteit word vooraf betaal, koopbewyse kan via gaste se banktoepassing gekoop word. Langs die kombuis is daar 'n sitarea met 'n pragtige uitsig op die Franskraalberg. Die sitarea het 'n gemaklike L-vormige rusbank en 'n ingeboude braai. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Buite is daar 'n privaat stoep met buitemeubels. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Alhoewel die kothuis op die eienaar se perseel geleë is, word privaatheid verseker.
Hierdie deel van die Wes-Kaap se kuslyn is ruig en spog metmet uitstekende visvang en haaihokduikgeleenthede, asook pragtige geleenthede vir skubaduikers en gaste wat wil snorkel om die kleurvolle oorvloed fauna en flora onder die see te sien. Die pragtige strande is ook ideaal vir dié wat wil swem.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
George Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- 1 Joyce Street, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink 1 On Joyce het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Joyce Street, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang