15 San Marino
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 17
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 60 Ocean Drive, San Marino, Shakas Rock, 4392, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
15 San Marino is op 'n kompleks se boonste verdieping in Shaka's Rock geleë en bied lieflike see-uitsigte.
Dié woonstel beskik oor 4 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het ook lugversorging, 'n dubbelbed en 'n volledige en suite-badkamer. Die ander 2 kamers het albei 2 enkelbeddens en en suite-badkamers. Laasgenoemde kamers het nie lugversorging nie.
Die woonstel het 'n groot kombuis wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf, stoof, oond, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n etenstafel en 'n sitkamer met 'n TV, DStv en 'n kroeg.
Die leefarea lei na die stoep met 'n 180-grade uitsig, 'n tafel vir 8 en 'n Weber-braai. Twee parkeerplekke is beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
15 San Marino is stapafstand van die strand en net 'n entjie se ry vanaf verskeie winkelsentrums.
Die kompleks het ongelukkig nie 'n hysbak nie.
Let asseblief daarop dat 'n breekskadedeposito vereis word saam met finale betaling. Die inventaris sal nagegaan word voor gaste inklok en na vertrek. Indien daar geen skade is nie en alles in orde gevind word, sal die deposito 7 dae na die uitklokdatum in die gas se bankrekening terugbetaal word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Aart Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 60 Ocean Drive, San Marino, Shakas Rock, 4392, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 15 San Marino het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 17
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 60 Ocean Drive, San Marino, Shakas Rock, 4392, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang