15 Sheffield Lane
- 
            
            
                Kapasiteit: 10 persone
                                                        
                                            
 6 volwassenes, 4 kinders
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 15 Sheffield Lane, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 595 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
            15 Sheffield Lane is 'n ongekunstelde, troeteldiervriendelike strandhuis in Sheffield Beach. Dié huis het 'n volledige uitsig oor die see en bied direkte toegang tot die strand.
Daar is slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders onder 12 jaar. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die alkloof langsaan het 2 enkelbeddens vir 2 kinders. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat geskik is vir 2 kinders. Daar is 2 en suite-badkamers met 'n stort, toilet en wasbak in elk, asook 'n bad in een van die badkamers. Die huis het ook 'n buitestort. 
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, lugbraaier, mirkogolf en skottelgoedwasser. Die oopplan-sitarea en -eetarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met DStv en Netflix. WiFi is beskikbaar, maar daar is beperkte selfoonsein. 
Die inwonende skoonmaker woon in 'n kamer langs die huis en maak die huis voor aankoms en na vertrek skoon. Addisionele skoonmaakdienste is teen 'n fooi beskikbaar. Die tuin word elke Woensdag skoongemaak. 
Die huis het 'n alarmstelsel en 'n afstandbeheerde hek. Onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en dan is daar ook oop parkeerplek vir 2 of 3 voertuie. Neem asb. kennis dat die oprit nogal steil is. Die paadjie wat toegang tot die strand bied, is ook nogal steil. 
Sheffield Beach is slegs 10 km van Ballito af en 20 km van King Shaka Internasionale Lughawe af. Gaste kan die lieflike strande geniet en lang wandelinge neem.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 577
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 15 Sheffield Lane, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 15 Sheffield Lane het ’n baie goeie ligging
- 
                                
                                    
                                
                                
                                                                            Kapasiteit: 10 persone
                                    
                                                                                                                                                                                                        
 6 volwassenes, 4 kinders
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 15 Sheffield Lane, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang