Successfully reported
+32

1501 Hibernian Towers

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 132 Beach Road, Hibernian Towers 1501, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

1501 Hibernian Towers bied gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 6 mense in Strand, en is oorkant die pad van die strand geleë.

Die woonstel kyk uit oor die see en baai en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die badkamers is albei toegerus met storte en die gesinsbadkamer het 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die ontbyttoonbank geniet word.

Die leefarea het 'n TV waarop gaste flieks en reekse kan stroom. WiFi van tot 3 GB is beskikbaar. Hierdie area lei na 'n balkon met 'n gasbraai. Die woonstel het ook 'n binnenshuise balkon vir koeler nagte.

Die luukse Hibernian Towers bied veilige parkeerplek, 24 uur-toegangsbeheer, en gaste het toegang tot 2 restaurante, 'n spa, 'n haarsalon, 'n geriefswinkel, 'n stoomkamer, 'n gimnasium, asook 'n binnenshuise swembad.

1501 Hibernian Towers is binne 1 km vanaf verskeie kafees en restaurante geleë, en die uitgestrekte strand bied doendinge soos branderplankry, visvang, swem, sonsondergangvaarte en walviskyk in seisoen. Gaste kan ook die Strand Waterworld & Fun Park besoek, 'n potjie putt-putt speel, gholf, of die Helderberg-wynroete verken.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.0
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 22

Resensies 268

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 132 Beach Road, Hibernian Towers 1501, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink 1501 Hibernian Towers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 800
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 800
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 132 Beach Road, Hibernian Towers 1501, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4fbc2c96901da7c24be63a7a6bf1dcc3f6cbf991bed004a24d9017a7771f348b670c444afdd23110747a3732f3105230de56?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 132 Beach Road Hibernian Towers 1501 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 09:00 -34.114101805064 18.822591399931
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang