Successfully reported
+62

180 Degrees Ocean Experience

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 211 Marais Street, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R995 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

180 Degrees Ocean Experience bied selfsorg-eenhede en is oorkant die klipperige kuslyn in Franskraal geleë. Die eiendom is binne 1,1 km vanaf die hoofstrand en binne 6,5 km sentraal Gansbaai.

Verblyf by 180 Degrees Ocean Experience bestaan uit 1 hoofhuis wat 8 persone kan akkommodeer, en 1 kothuis wat 2 volwassenes en 1 kind kan akkommodeer.

Gaste moet hul eie lyn en handdoeke saambring.
Duvets en kussings word voorsien. Linne kan teen 'n ekstra fooi voorsien word.

Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n gastetoilet; 'n oopplan-kombuis wat goed toegerus is met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien vir gaste se gerief, asook 'n leefarea met 'n kaggel wat uitloop op 'n dek met see-uitsigte en braaigeriewe.

Die kothuis het 'n privaat ingang en bestaan uit 'n oopplan-leefarea en beskik oor 'n slaapkamerarea, 1 badkamer en 'n kombuisie wat 'n yskas, 'n mikrogolfoond en 'n oondjie bevat. Dié kothuis maak oop op 'n klein patio wat 'n braai-area en see-uitsigte bied.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die area bied gaste 'n verskeidenheid doendinge en geriewe om te besoek, soos haaihokduik, die verken van natuurreservate en bergfietsroetes, visvang en swem, asook die Baardskeerdersbos-kunsroete.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 117 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Anel V
Gesin met tieners
5.0
Heerlike paar dae by die see! Die huis is baie gerieflik, netjies en skoon. Al was die weer by tye guur en stormagtig, het dit glad nie ons kuier bede...
Sien meer
Okt 2025
Tania N
Saam met lewensmaat
5.0
Relax, excellent view and the place is super clean and neat. Wow, that's our first impression when we walked in by the door. Clean, eve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Hanelie J
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustig met mooiste seeuitsig. Baie lekker gebly. Mooiste see uitsig vanaf die stoep; sitkamer en 2 kamers.
Sep 2025
Rolf B
Gesin met klein kinders
5.0
Simply pleasant. Very nice. Beautiful views of the ocean. A nice present on arrival was waiting.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Malinda V
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker vakansiehuis met pragtige see uitsigte. 'n Lieflike huis met alles wat jy benodig, met pragtige see uitsigte. Ons het heerlik gekuier, baie dan...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rona Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 117

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 211 Marais Street, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink 180 Degrees Ocean Experience het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 995
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 995
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 211 Marais Street, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA58da589a443796967772744649cdf5741624144bd455bc47612be4bd0a58ee9f21729804819a2589c3da89dc007decef293c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R995 per nag (plek vir 3) 117 5 1 5 211 Marais Street Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -34.6097201 19.3906264

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang