Successfully reported
+35

5 on Moka

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Moka Street, Claremont, 1739, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

5 on Moka is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis met moderne kenmerke wat sentraal geleë is in die lewendige area van Claremont in die suidelike voorstede van Kaapstad. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n gesinswegbreek of 'n klein groepie vriende wat die pragtige Moederstad wil verken.

Dié eiendom bied slaapplek aan 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed het. 'n Instapstort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite word gaste veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek bekostig. Die ligging van hierdie eenheid is ongeveer 4 km vanaf Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine, 11 km vanaf CTICC, 13 km vanaf Robbeneiland Ferry en 14 km vanaf World of Birds.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Nicole Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 5 Moka Street, Claremont, 1739, Wes-Kaap
  • Gaste dink 5 on Moka het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Moka Street, Claremont, 1739, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6f1e677491f2e963f2c0a277b67726f49f0192c0bd7d0ef0046b62af617056a8504de2a385115dae9ef855ec9b60513bcda5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 5 Moka Street Claremont 1739 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.9812602 18.4720972

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang