Successfully reported
+41

7 on South

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 South Street, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

7 on South is in Bredasdorp, 'n area bekend vir sy geskiedkundige kerke, kunsgalerye en kunstige winkels. Dis die perfekte plek vir enkelreisigers, paartjies en gesinne.

Verblyf beskik oor 3 eenhede, naamlik 7 on South en The Loft met slaapplek vir 8 gaste in totaal, asook 'n En suit-kamer met slaapplek vir 2 gaste.

7 on South bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is plek vir nog 2 gaste in die oopplan-sitarea met 'n ekstra badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is ook 'n etenstafel. Die leefarea het 'n ingeboude braai en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook WiFi.

The Loft is 'n pragtige selfsorg-eenheid met 1 slaapkamer en dis op die eerste verdieping. Die eenheid het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, 'n dubbelslaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n leefarea en 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die eenheid het ook 'n lessenaar, DStv en WiFi.

Die En suite-kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamer het TV met DStv-kanale en WiFi. Daar is ook 'n privaat ingang en stoep me braaigeriewe.

Daar is oorgenoeg onderdakparkeerplek vir voertuie, waentjies en fietse.

7 on South is binne 1 km vanaf verskeie winkels en restaurante. Gaste kan die PE Roux-gedenktuin en die Skipbreuk-museum besoek, asook ’n historiese staptog deur die dorp neem. Heuningberg-natuurreservaat kan besoek word vir voetslaan en voëlkyk.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Sonette D
Gesin met tieners
5.0
Alles wat jy nodig het, stilte en rus. Saligheid vir die siel. Ons het heerlik gekuier by ons huisie/woonstel. Net een aand oorgeslaap en alles tot on...
Sien meer
Mei 2025
Natasha H
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely. It was amazing, would love to go again soon. The hosts are such lovely people.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Philip V
Gesin met tieners
5.0
Oornag. Baie netjies en ruim. Goed toegerus. Rustig en stil. Sal weer bespreek.
Okt 2024
Johan G
5.0
Puik akkommodasie met baie gasvrye eienaars. Ek het heerlik gebly.
Okt 2024
Tanya B
Saam met lewensmaat
4.0
Perfek vir n vinnige een nag oorslaap. Perfek vir n vinnige een nag oorslaap. . Kamer was skoon, linne was vars.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Wilma Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 42

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 7 South Street, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink 7 on South het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 South Street, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA834491f264b7ff16065b801a9dcc91818d1b458deb060edf80ad3a402ba238e1c38bfa7a4f2641272b9be7f679df3e5e9f00?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 42 5 1 5 7 South Street Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.53900166953 20.043810838074
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang