Successfully reported
+53

Abiento Guesthouse

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Donald Murray Avenue, Parkwest, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
  • Vanaf R1 195 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Abiénto Gastehuis het sy deure in Augustus 2013 geopen en is in Donald Murraystraat, 'n rustige deel van Parkwest, geleë. "Abiénto" beteken "kom weer" in Frans en het die ouwêreldse, Franse karakter van hierdie huis geïnspireer.

Die huidige eienaar Heinrich Brüssow het die huis, waar moontlik, gerestoureer om soos die oorspronklike gebou te laat lyk. Die oorspronklike houtvloere en kaggels is nog in sommige van die kamers te sien. Die nuwe kamers is uitgevoer met gerieflike matte.

Abiénto Gastehuis is stapafstand van die Loch Logan Waterfront en winkelsentrum, die Mimosa Mall, die Vrystaat Rugby- en Sokkerstadion, die Vrystaat Krieketveld, Mediclinic, Grey College en Eunice Skool. Ons is 'n splinternuwe gastehuis en bied diens en verblyf van die hoogste gehalte aan sakereisigers, konferensiegangers, akademici, toeriste, vakansiegangers, sportentoesiaste en vele meer.

Die gastehuis het 8 luukse en suite-kamers waar jy kan ontspan of werk in 'n rustige atmosfeer. Alle kamers het privaat badkamers, slim-TV's, WiFi en lugversorging. Ander fasiliteite op die perseel sluit die volgende in: swembad, privaat eetareas buite en oorgenoeg veilige parkeerplek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Tollie G
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Baie lekker en rustig.
Sep 2025
Elzanne V
Gesin met tieners
5.0
Fantastiese plek om te bly, ons kom vir seker weer. Ons het bitter lekker gebly en gaan vir seker oor 2 jaar wanneer ons weer by die interskole is wee...
Sien meer
Aug 2025
Anele D
Saam met vriende
5.0
Heerlik! Ons het baie lekker gebly, fantastiese ligging! Ontbyt was heerlik!
Jun 2025
Juan P
5.0
Van ons bespreking tot aankom was 'n absolute fees. Ons was 'n groep van 14 pax. Ons het baie lekker gebly!
Mei 2025
Michelle S
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklike gastehuis naby sportfasiliteite. Personeel vriendelik en ontbyt smaakvol.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Heinrich Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 54

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 45 Donald Murray Avenue, Parkwest, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
  • Gaste dink Abiento Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 195
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 195
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 195
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Donald Murray Avenue, Parkwest, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA04c4fe88bded9d1a5ec6b8ac3d475b1dd3a487420d06e51263164fd2095a289a67f0ff977082b0abe93c3db4e41911acf9ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 195 per nag, vir 2 mense 54 5 1 5 45 Donald Murray Avenue Parkwest 9302 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.114639785897 26.199391588509

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang