Successfully reported
+31

AfriCamps at Oakhurst

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoekwil Road, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 790 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

AfriCamps at Oakhurst bied 'n unieke glanskamp-ervaring op 'n 640 hektaar-melkplaas in Wildernis op die Tuinroete. Dit is ideaal vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie waar die Outeniekwaberge rondom jou uittroon.

Die kamp bied 8 lieflike tente en elke tent het slaapplek vir 5 gaste in 2 slaapkamers. Die tente het lugversorging in die slaapkamers en 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie wat met 'n gasstoof, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel met 'n knus sitarea en 'n kaggel. Die tent bied toegang tot 'n onderdakstoep met buitesitplek, braaigeriewe en 'n houtvuurwarmbad.

Die kamp bied 'n rustige plaaservaring met koeie en perde wat in die lowerryke omgewing wei. Gaste kan voetslaan en die plaas se waterval sien, of met 'n kano op die dam vaar of visvang. Daar is ook die opsie om 'n spa-behandeling te bespreek.

Een van die beste maniere om die prentjiemooi wildernis te verken is met 'n e-fiets. Die splinternuwe e-Rides se e-fiets-huurdienste is beskikbaar by AfriCamps at Oakhurst. Hierdie alleenstaande aktiwiteit is ook beskikbaar aan dagbesoekers.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Monica M
Saam met lewensmaat
5.0
Africamps Oakhurst het nie teleurgestel nie. Alles was perfek, netjies en skoon. Dit was die beste wegbreek naweek vir ons. Ons kan Africamps Oakhurst...
Sien meer
Sep 2025
Bianca A
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful stay. Absolutely beautiful stay with the best views and scenery. Would highly recommend!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Laudine S
Saam met vriende
5.0
Ligging is perfek en diens van Oakhurst was tops! Baie lekker. Eenhede is skoon en netjies.
Mei 2025
Angelique B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Ons het heerlik gebly, soveel aktiwiteite om te doen! Volgende boek ons beslis vir meer as net 2 dae.
Mrt 2025
Tiaan K
Gesin met klein kinders
5.0
Heelrik. Lekker ontspan en gerus.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 19

Resensies 361

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Hoekwil Road, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink AfriCamps at Oakhurst het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 790
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 790
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 790
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoekwil Road, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5f32558a15f1d497b6ec0692773b73360cbf3a17aa84606bb17267cd54dc5de48951b525da3da48777426a9eb91ebf4de993?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 790 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 Hoekwil Road Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.954940258547 22.653408957008
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang